Josh Strauss verloor sy baard
Het jy al ooit gewonder hoe lyk Josh (kaptein van die Lions) sonder sy baard? Wel, ek het vir jou die foto’s. Mens sal sweer dis ‘n ander mens. Die baard het begin toe die man van die Kaap na Johannesburg verhuis het. Sy girl wou/kon nie saam kom nie, toe besluit hy dat hy slegs die baard sal skeer wanneer sy by hom aansluit in JHB.
Sy spanmaats was egter gatvol vir die baard en het gesê hy moet hom skeer indien die Lions die Currie Cup wen. En dit het toe gebeur. Die Lions was beslis die beste span in vanjaar se toernooi en verdien die beker.
Hier’s ‘n paar foto’s van die man wat nou omtrent vyf kilogram ligter is.
Dankie nou dat kan almal wat nie die Rapport gelees het nie sondag ook sien hoe lyk hy, hoekom vat dit jou solank om dit op te sit
maar dankie vir niks
geniet jou dag
Net mense wat nie weet hoe die internet werk nie lees nog koerant.
Jyt ook n antwoord vir alles
Hou op fokken moan, man.
OK Oom Pepi, ons weet dit jy, hahahaha