Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

#ViaWMJ – Hof toe vir dagga

Almal gaan daaroor vra, so kom ek kry dit gou uit die pad uit: Via TV is tans besig om “vloggers” te vra om videos te maak vir #ViaWMJ. Ek het gedink ek gaan die hok bietjie skud deur ‘n video te maak oor die dag toe ek gegaan het na die Noord-Gauteng Hooggeregshof vir The Trial of the Plant. Dit is mos iets wat ek gemaak het vir die dag, en dit is nie iets waaroor daar veel gepraat word in die Afrikaanse media nie.

#ViaWMJ – Iets heeltemal anders

Ek weet nie hoeveel ander #ViaWMJ videos gaan jy sien met betogers in nie, veral nie anti-dagga betogers waarvoor die staat betaal het nie. In elk geval, ek is ver van ‘n film maker, of ‘n vlogger, maar ek het ‘n foon en ek het besluit om ‘n kans te vat, alweer.

'n #ViaWMJ video oor hof toe gaan vir dagga

Op die ou einde van die dag is informasie die oplossing tot die swak wetgewing rondom dagga in Suid-Afrika. Eerder as lieg oor die effekte van dagga moet meer navorsing gedoen word en die informasie vir mense gegee word sodat hulle met daardie informasie ‘n ingeligte belsuit kan neem oor dagga. Dit sal ook die enigste manier wees hoe ons kinders kan help om die regte keuse te maak as dit kom by enige dwelm, van koffie tot by heroin of tabak.

As hierdie video veroorsaak dat net een persoon meer informasie gaan opsoek oor dagga, dan is dit ‘n stap in die regte rigting. As jy iemand ken wat nou dagga-olie (of enige ander dagga) begin gebruik het vir een of ander kwaal, maak asseblief seker dat hulle verstaan dit is nog onwetting en jy sal gearresteer word daarvoor as jy daarmee gevang word.

As jy ‘n Tokin White Guy Hemp wil koop, stuur vir my ‘n email by gevaaalikdotcom@gmail.com met die grote hemp wat jy soek en jou adres.

You may also like...

5 Responses

  1. Coco says:

    aaaaah!!ClickBait! I thought you were going to court for yourself hahaha 🙂 p.s you look so young ! keep up the good work

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Coco: I am young! 32 is still young, isn’t it? Thanks for the motivation.

  1. August 18, 2017

    […] As jy meer agtergrond soek oor die video van my hier onder, gaan loer hier: #ViaWMJ – Hof toe vir dagga […]

  2. August 19, 2017

    […] ek is hof toe vir dagga, en jy kan meer lees daaroor as jy hierheen gaan. Of kyk net die video hier […]

  3. August 28, 2017

    […] Ek is opsoek na enige ander persoon wat ‘n video gemaak het vir die #ViaWMJ kompetisie, veral as jy een van die is wat al een van die R5000 pryse gewen het wat hulle glo elke week van die begin van Augustus 2017 tot einde Oktober 2017. Ek het self ‘n video vir dit gemaak. Lees meer oor my video hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *