Van Coke Cartel – Energie EP

Soms is jy net lus om bietjie terug te sit, te relax, stadig aan ‘n lekker koppie koffie te drink en terug te dink aan ‘n tyd waar dinge dalk ‘n bietjie makliker was. Well Van Coke Cartel het ten minste gesorg dat jy iets het om te luister wanneer jy so nostalgies wil raak. Hulle nuwe EP is gemaak uit 5 awesome covers wat op n 12” ruby red wax plaat gepress is vir jou om te geniet op 45RPM  in jou platespeler en sal jou defnitief nie teleur stel nie.

Van Coke Kartel Energie EP

So nou wonder jy seker vir jouself: As jy Van Coke Cartel is, hoe kies jy die 5 songs wat op die EP moet kom? Wel volgens Francois van Coke is dit redelik maklik – “Dis baie makliker vir ons om goeie songs vry te stel wanneer hulle alreeds goeie songs is.”.

Kom ons kyk na die songs op die EP:

1) Energie

“‘n Ou liedjie aan ‘n nuwe gehoor”, sê Dylan Hunt

Van Coke Kartel Energie

Hierdie liedjie is heelwat persoonlik vir Van Coke Kartel. Francois sê dat die enigste Afrikaanse musiek waarna hulle geluister het tydens hul grootword jare, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis sin was. Hulle het gevoel dat dit die enigste musiek was waarmee hulle kon assosieer. Wynand was destyds ook klankingeneur by van Kerkorrel se vertonings.

2) Help!

“Die Beatles is my gunsteling band van alle tye” sê Jedd Kossew well ek en Jedd het iets in gemeen want ek smaak ook die Beatles hulle is pretty much net great.

Van Coke Kartel Help

Francois en Jedd speel hierdie liedjie al vir ‘n hele ruk by hul solo acoustic Shows. Help! is die eerste kortspeler vanaf ENERGIE en dit sal ook die eerste keer wees dat Jedd ‘n hele vers sing in ‘n Van Coke Kartel liedjie.

3) I got you (I feel good)

Dan is daar ook tye wat jy net bietjie n teël wil smelt en n partykie hou en wat beter liedjie as I got you van James Brown.

Van Coke Kartel I got You

Pasop om teveel pret te he terwyl hierdie een speel gevaaalik.com vat geen verantwoordelikhede vir enige pret aanvalle of belaglike dans moves wat hierdie song mag veroorsaak nie.

4) Got to give it up

Een van Francois se favourite liedjies wat hy met ons wil deel.

Van Coke Kartel Got To Give It Up

Francois is mal oor hierdie hele song. “Elke noot wat gespeel word op dit. Ek is lief vir die oorspronklike weergawe.” – Francois.

5) Born to die

Van Coke Cartel doen selfs ‘n pop cover met hulle eie spin op wat hulle beskryf as “Spaghetti Western-agtig”.

Van Coke Kartel Born to die

Jy kan die hele plaat by Permanent Record bestel en sal ook ‘n digital copy verniet saam kry mahala. Of jy kan net dit op iTunes download as jy een van daai weird mense is wat nie in die 70’s lewe nie.

Van Coke Kartel Energie Vinyl EP

Side A                                                                                                     Side B

A1/Energie                                                                                            B1/Got to give it up

A2/Help!                                                                                               B2/Born to die

A3/I got you (I feel good)

Jägermeister & Music Connection bied aan: ENERGIE EP launch tour:

Van Coke Kartel Energie Tour

Datum: 15 Sept 2015

Plek: Aandklas

Adres: Birdstraat 43a, Stellenbosch

KONTak: 021 883 3545

Optrede: 23h00

Kaartjies: R50 Facebook: https://www.facebook.com/events/1079074668788115/

 

Datum: 16 Sept 2015

Plek: Mystic Boer

Adres: Kellnerstraat 84, Bloemfontein

KONTak: Etienne – 084 444 9028

Optrede: 22h00

Kaartjies: R50 Facebook: https://www.facebook.com/events/898559493571320/

 

Datum: 17 Sept 2015

Plek: Mystic Boer

Adres: James Morokastraat, Potchefstroom

KONTak: Eloise – 018 293 1773

Kaartjies: R50 Facebook: https://www.facebook.com/events/487565624751187/

 

Datum: 18 Sept 2015

Program: Van Coke Kartel, In Dreams, The Ts & Cs, Jonathan Peyper

Plek: Rumours Lounge

Adres: Shop 20 Palm Court, Corneliusstraat, Weltevreden Park Kontak: Fred – 079 825 7995

Optrede: 22h00

Kaartjies: R60 Facebook: https://www.facebook.com/events/492119760956169/

 

Datum: 19 Sept 2015

Program: Van Coke Kartel, Outlaw Empire, Pollinator, The Tazaers

Plek: Arcade Empire, Pretoria

Adres: The Highwaystraat 256, Equestria

KONTak: Rudolf – 082 449 5144

Optrede: 23h00

Links:

Website:  www.vancokekartel.co.za

Facebook:  http://www.facebook.com/vancokekartel

Twitter:  @vancokekartel

Music videos: http://www.youtube.com/valkievancoke

 

 

 

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *