Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tuindwergies party en jy kan ‘n VIP wees

Die Tuindwergies gaan hulle nuwe album vier by Firkin in Centurion die 6de Julie 2012. Die Tuindwergies tree saam met Klopjag en Naas Veld ook op die aand. Daar gaan ook ‘n attempt wees om ‘n Guinness World Record te breek en jy kan deel wees van die attempt.

Die Tuindwergies se nuwe album, Terwyl die Donker Wolke Dans, word gevier saam met Klopjag en Naas Veld. Dan gaan ons (en ek sê ons, want jy het ook die kans om deel te wees van die) probeer om die Guinness World Record te breek vir die meeste shots Jagermeister wat op een slag deur ‘n groep mense gedrink is. So ‘n duisend mense gaan almal op een slag saam ‘n shot Jager drink. Maklikker as dit gaan dit nooit wees om ‘n rekord te breek nie.

Die Tuindwergies gaan ook social media gebruik. Almal wat die event bywoon kan die hashtag #JagerDwerg gebruik. Daar is ‘n VIP area waar daar ‘n spul verskillende cool mense gaan wees en nou het jy die kans om ook in die VIP te kuier saam met al die cool kids. 5 Mense gaan kans kry om in die VIP in te kom deur aktief te tweet en die hashtag #JagerDwerg te gebruik.

Vir meer informasie gaan loer gerus na die Tuidwergies se Facebook page of volg hulle op hulle Twitter page.

Sien jou in die VIP area!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *