The World’s End Trailer
As jy Shaun of the Dead of Hot Fuzz al gekyk het dan ken jy vir Simon Pegg en Nick Frost. Die twee is bekend vir hulle donker britse humor met ‘n Sci-fi twist en hulle nuwe fliek, The World’s End, lyk asof dit gaan opleef tot die Shaun of the Dead se standaarde.
In The World’s End volg ons vyf vriende wat altyd ‘n pub crawl gedoen het in hulle dorpie deur 12 pubs. ‘n Hele paar jaar nadat hulle almal al getrek het en kontak verloor het gaan hulle terug om dieselfde pub crawl weer te doen. Maar die dorp is anders, dit is nou waar die Sci-fi deel in kom. Gaan jy The World’s End gaan kyk?
Beslis!Die Britse humor is moer snaaks.
@Cobus: Ja bra, dit lyk vir my ook of dit great gaan wees.