The Hobbit: The Desolation of Smaug Trailer
Dit voel soos net nou die dag wat ek The Hobbit: An Unexpected Journey gaan kyk het op edibles. Dit was vir my ‘n baie cool fliek en ek het dit nou die dag weer vir die tweede keer gekyk by die huis. Dus is ek baie bly om die trailer vir deel 2 van die trilogy met julle te deel; The Hobbit: The Desolation of Smaug.
As special effects en fatasy jou ding is kan jy nie regtig verkeerd gaan met hierdie flieks nie. As jy ‘n fan was van die Lord of the Rings flieks, sal jy sien dat Legolas verskyn in The Hobbit ook. Ek kan nie wag nie. Wat dink julle?