Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies is tops

Die week is halfpad en Stoute Boudjies is hier. So baie goed het al die week verskyn op gevaaalik.com ek voel dit is my plig om jou te vertel wat jy alles al die week kon gemis het, sodat jy kan teruggaan en opvang. Dus, voor ons by die week se Stoute Boudjies kom…

Dr. Ruth(less) is terug met ‘n bietjie raad oor Cyber-Sex en effie-loos wees. As jy dit nog nie gelees het nie dink ek dit sal ‘n goeie idee wees as jy dit gaan lees. Dit is nie net snaaks nie,  jy mag dalk net iets leer ook. As jy dit klaar gelees het, los vir Dr. Ruth(less) ‘n vraag in die comments, want sy wil so graag help.

Dan het ons die week uiteindelik weer tyd gemaak om bymekaar te kom vir ‘n podcast. Binnebek Banter is terug en ons gaan ons bes probeer om elke week vir julle bietjie kak-praat te bring. Dankie aan almal wat daarna luister. Dit is vir ons lekker om die podcast vir julle te doen en te hoor wat julle daarvan dink. Wanneer jy dit luister terwyl jy werk, gym, in verkeer vassit of waar ookal, dit is lekker om jou as ‘n fly on the wall te hê. As jy nog nie die podcast geluister het nie, maak so, maar wees gewaarsku daar is vuil taal en grappe oor alles.

Nou ja, geniet die week se Stoute Boudjies.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *