Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies en laat Stix simpel lyk

Dit is geen geheim dat gevaaalik.com nie geld maak nie. Elke ou wat iets met gevaaalik.com te doen het, het ‘n regte werk wat die rekeninge betaal elke maand. Op daardie noot wil gevaaalik.com julle vra vir hulp, maar nie vir fokol nie. Soos altyd kry julle ook iets uit die deal.

Die naweek wat kom is dit die SA Blog Awards se award ceremony. Ons wil graag daar wees om ons award te accept as ons wen. Die probleem is dat ons in Pretoria bly en vliegkaartjies af Kaap toe die tyd van die jaar is duur, moer duur. Hier is die plan. As jy regs bo kyk op die site sal jy ‘n “Donate” knoppie sien. As jy op die outjie click kan jy geld donate om te help om my in die Kaap te kry om die award ceremony by te woon. As julle genoeg geld donate dat ek ‘n ticket kan koop om af te vlieg kaap toe en weer terug te kom in Snordorp sal ek die award in ‘n Borat outfit accept. Daardie simple groen costume van hom wat nie veel weg steek vir die imagination nie.

Wat dink julle? As dit gebeer dan sal ons die video van my wat soos ‘n idioot lyk op die site plaas, dan kan almal lekker saam lag en my spot vir die res van my lewe. Plus ons sal vir julle ‘n lekker Gonzo style artikel gee om saam met die video te gaan wat die hele naweek se malligheid uiteensit. So as jy wil sien hoe ek my naam gat maak by ‘n classy event donate nou enige hoeveelheid wat jy dink sal help om ons tot by R2600 te kry in die volgende dag of wat. O en wees versigtig, die donations word in US Dollars gemaak, so check voor jy deur gaan met die process.

Update: Wel ek gaan dit nie af maak vir die jaar se SA Blog awards nie. Dankie vir die wat wou help. Maar moet nie worry nie, ons het ‘n plan gemaak om ons award te kry. Thanks vir julle support.

Hier is die week se Stoute Boudjies. En om dankie te sê vir julle ongoing support ‘n mooi Stoute Boudjies video ook. Pasop as jy by die werk is, daar is so klein NSFW deeltjie in die video.

You may also like...

3 Responses

  1. derick says:

    Hey mense kom as 44 mense net R50 randjies gee kan ons die man af kry in die kaap. span saam lat ons, ons site se naam nou mooi en hoog

  2. Stix says:

    Thanks bra, ons check maar of ons daar kan uitkom.

  3. Martz says:

    Hahaha! Treffer. En jys welkom! – Sal deponeer! Gooi nou net die link op facebook sodat ons kan share! M

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *