Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Political Fuck – Balkan Beat Box

Die internet is vol kak. Daar is baie goed wat op die internet is wat ons beter af sou wees as dit nie daar was nie. Die ander kant van die internet is wel awesome. Informasie. Met smartphones is dit informasie at the push of a button.

Die feit dat dit so maklik is om met die internet ‘n groot groep mense te beinvloed maak dit ook een van die beste wapens wat mense het deesdae om dit te stick to the man. Kyk maar na wat in Egypte gebeur het en wat tans gebeur met Occupy Wall Street. Ja ek weet, die “movements” is nie altyd goed nie en soms net simpel.

Dit laat mens wel bietjie gemakliker voel. Mense begin eintlik dink vir hulself en nie net terug sit sodat die govenrment jou naai nie. Dan kom mens ook op great videos soos die een hier onder. Dink net as dit nie vir die internet was nie was daar geen gevaaalik.com of Die Antwoord nie.

Die song hier onder vang baie goed die global gemoedstoestand. Dinge is aan die gebeur en die internet speel ‘n massive rol. Nie net deur mense te kry om saam te staan om goed te doen nie maar ook om videos soos die aan mense te versprei. Dit is hoog tyd dat daar weer bietjie “fuck the man” houding deur musiek geinspireer word. Political Fuck deur Balken Beat Box is a great voorbeeld.

Balken Beat Box is ‘n electronic music groep uit Israel. Ek dink die video gaan een van daardie viral hits wees.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *