Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies

Welkom by skatterlag Woensdagoggend. Jy is so te sê halfpad deur die week, dis “klein Vrydag” en die res van die week is alles fokken downhill.

Die Proteas het ons darem weer begin trots maak met ‘n noue ontkoming teen India. Gister het hulle die Irish lekker opgefok, toevallig net so skuins voor St. Patricks Day. Volgende game vat die Proteas vir Bangladesh aan, die Tigers het verlede week die Engelse (poese) ‘n harde pakslae gegee, gelukkig sal dit nie gebeur teen die Proteas nie aangesien ons nie ‘n spul soutpiele is nie.

Die naweek sluip ook al hoe nader en saam dit kom gevaaalike Super Rugby. Ant, Robbies en ek gaan die zefste stadion in die suidelikehalfrond besoek en die belangrikste game van die naweek in lewende lywe aanskou. Loftus, die plek waar almal mynhoedens dra maar nog nooit in ‘n myn was nie, daar waar jy dom genoeg word om te dink jou bloed is blou en daar waar die konings van zef, op hul seats sit (op die oos paweljoen) asof dit ‘n magtige goue troon is. Dis reg, ons gaan Loftus grace met ons presence. Hopelik verskaf die twee SA spanne hope genot. Die uitkoms van die game sal ons almal ‘n goeie idee gee waarheen die Bulls en die Stormers die jaar oppad is in hulle Super Rugby seisoen.

Maar genoeg oor wat aan gaan by my. Hoe fokken gaan dit by jou? Kak sê jy. Moenie worry nie. Kyk na die kiekies hier onder en jy sal dadelik sommer beter voel. Geniet dit, want mooi was nog nooit fokken lelik nie.Davey

You may also like...

1 Response

  1. Boudgesig says:

    hmmmmmmm…. boude 🙂

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *