Sponsored posts – Die goeie en die slegte
Dit is geen geheim dat gevaaalik.com nie regtig geld gemaak het oor die laaste paar jaar nie. Aanhouer wen gelukkig so nou en dan. Mens kan actually geld maak deur te blog en ons begin al hoe meer kanse kry om geld te maak. Brands het skielik begin besef dat Afrikaanse mense soos ek en jy ook goed koop van tyd tot tyd. Dus begin ons al hoe meer navraag kry oor advertensies en sponsored posts op gevaaalik.com. Goeie ding vir ons en julle, want hoe meer ons betaal word hoe meer tyd kan ons spandeer aan die goeie werk wat gevaaalik.com is.
Ongelukkig beteken dit dat jy soms native advertising gaan sien op gevaaalik.com. Moet nie kommer nie, dit gaan niks verander aan die tipe content wat jy sien op gevaaalik.com nie. Ons het al reeds ‘n hele paar aanbiedings van die hand gewys, oor simpel vereistes soos dat ons vir ‘n maand lank geen Stoute Boudjies of Vrydag Bederf mag doen nie. Daardie kite gaan nie vir ‘n fok ooit vlieg op gevaaalik.com nie. So graag soos wat ons betaal wil word vir die harde werk wat lê agter jou gevaaalikste Afrikaans website op die internet dansbaan, gaan ons nie ons editorial of creative control ooit prys gee nie.
Ons sal ook niks aan jou adverteer waarvan ons nie self hou nie. As jy een of ander native advertising op gevaaalik.com sien sal dit wees oor ons self die produk gebruik, of dit al gebruik het in die verlede. Ons probeer niemand befok hier op gevaaalik.com nie, veral nie ons ondersteuners nie. Tog is dit lekker dat ons nou geld begin maak, want dit beteken ons kan meer cool shit doen vir julle. Ons het ‘n hele paar dinge aan die brou, so hou die site dop volgende jaar vir so paar nuwe dinge waaraan ons werk.
Dankie vir julle ondersteuning oor die laaste 4+ jaar. Geniet die vakansie tydperk, en ons sal hier wees in 2015, net soos jy van gevaaalik.com hou, net met bietjie meer geld om gevaaalik.com beter te maak vir julle. Die site kort bietjie ‘n nuwe look.