Seether se nuwe album is amper hier
Onthou julle ‘n band van ‘n paar jaar terug met die naam Saron Gas? Wel vir die “onder die klip etters” tussen julle Saron Gas het toe America toe gemove en in tussen Seether geword. Shaun Welgemoed, of Shaun Morgan soos hy nou bekend is, is die frontman en die vocalist van die band. Hy is trots Suid-Afrikaans want hy het die SA vlag op sy arm getattoo. Lekker.
Wel die ouens maak lekker grungy musiek. Hulle nuwe album kom nou die 24ste Mei uit. Maar kyk die video sommer laat die ouens van Seether jou sommer self vertel.