Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA Media en Kim Kardashian te blameer vir Zulaikha Patel se hare debakel

Kim Kardashian is los hande die bekendste mens in die wêreld. Haat haar, of obsessie hê met haar, jy weet van haar. Voor Maandag het niemand geweet van Zulaikha Patel nie. Haar ouers is seker bewus van haar, aangesien hulle die kostes betaal wat verbonde is aan ‘n kind in ‘n skool soos Girls High hê. Haar vriende weet natuurlik van Zulaikha Patel, maar voor Maandag was familie en vriende al wie geweet het van haar bestaan.

Zulaikha Patel

Dink ek sy is verkeerd om op te staan teen onnosel reëls? Nee. Toe ek op skool was moes ek ook altyd ‘n sekere manier lyk.

“Steek in jou hemp. Vryf die gel uit jou hare. Waar is jou belt? Hoekom is dit ‘n materiaal belt en nie leer soos dit moet wees nie? Gaan kry die sunlight by die kantoor kombuis en kom was daardie gel uit jou hare by die kraan.” die hoof kon nie wag om ons te verneder voor die res van die skool nie, want inspeksie het elke oggend plaasgevind by die skoolopening. Tog was dit reëls wat ek en my ouers aanvaar het toe ek ingeskryf is by my hoërskool. Die voorkomsreëls is dalk effe militaristies en het verseker nie ‘n regte impak op my opvoeding gehad nie, maar die reëls was daar en my neus was weekliks in my huiswerkboekie gedruk waar die reëls gestaan het.

Is Zulaikha Patel verkeerd?

Nee, want alle reëls wat op papier neergeksryf is, is reg nie.

Hoes, hoe-dagga, hoes.

Ongelukkig het Zulaikha ‘n stel reëls aanvaar wat sy dalk nog nie besef het sy stem nie mee saam nie. Ons moet ook onthou dat sy 13 jaar oud is, sy het dalk nie eers geweet van die reëls tot die eerste dag van skool by Girls High. Vir lank moes sy seker maar inhou wat sy eintlik wou sê vir onderwysers. Onderwysers wat haar miskien verneder het voor haar vriende, net soos met my en talle ander skoolkinders.

Maar Zulaikha word ongelukkig deur meer beinvloed as net wat sy by die skool ervaar. Zulaikha word daagliks aan die Suid-Afrikaanse media blootgestel. En die Suid-Afrikaanse media is soos ‘n virus wat jou sal opvreet van binne af as jy jouself te veel laat blootstel aan dit. Zulaikha het ook groot geword met die internet, met selfies, met Kim Kardashian op Instagram, met amper al die informasie in die wêreld. As sy ‘n smartphone het (ja, daar is baie 13 jarige kinders wat iPhones of iets soorgelyk het) dan het sy al daardie invloede, insluitend die media, in haar sak.

Miskien is dit hoekom Zulaikha Patel braaf genoeg was om iets te doen wat ek nooit so blatant gedoen het nie: op te staan teen die onnoselheid van voorkomsreëls by ‘n plek wat jou heeltyd probeer “leer” om nie jouself te wees nie. Miskien is dit ook hoekom dit voorkom of Zulaikha haarself verlustig in die aandag van die media.

Die skaakspel van opstand

Toe Zulaikha Patel die dag skool toe gegaan het, nie vir die eerste keer nie, met haar hare soos dit nie mag voorkom volgens die skoolreëls nie, het sy die openings skuif op die skaakbord gemaak. Ongelukkig is sy 13 jaar oud en vir volwasse onderwysers is dit maklik om die skaakspel vinnig in ‘n skaak-posiesie te plaas, met goed soos detensie. Gelukkig sien Zulaikha in die Suid-Afrikaanse media dat ras en klagtes van rassisme die magic kaart is wat haar onderdrukkers dadelik in skaakmat sal sit. Sy leer al van kleins af uit die media dat victim speel, veral oor jou ras, ander mense laat hol in die teenoorgestelde rigting.

Zulaikha het by Kim Kardashian geleer dat die beste manier om jou boodskap uit te bassyn is deur dit op die internet te kry. Wanneer onderwysers vir jou vertel jy kry weer detensie en dat jy nou maar moet sit, en jy weier, wat kan ‘n onderwyser dan doen? Is dit normaal om dan as 10 dogtertjies saam gedrom het sekuriteit in te bring? Is dit ok om 13 jarige dogtertjies wat vreedsaam, maar hardop, protes maak oor so iets onnosel soos voorkomsreëls te dreig met arres? Ek dink nie dit is normaal nie.

Gelukkig is dit met goed soos Instagram maklik vir selfs kinders om hulle boodskap uit te kry, en die media kon nie wag om hul tande in die een in te sink nie. Ek dink Zulaikha het geweet die media gaan dit oombliklik in ‘n ras issue verander en dan kan sy maar net die golf ry. Smugly pose vir so paar foto’s hier, ‘n paar joernalsite se vrae antwoord daar. Die media sal doen wat hulle kan om dan die maximum ras-spin op alles wat sy sê sit, en siedaar: Vanaf Maandag 29 Augustus weet baie meer mense wie Zulaikha Patel is.

Met die internet het almal ‘n stem

Dit sluit elke onnosel, verveelde, loser in wat aandag soek, en aandag kry op die internet deur victim te speel terwille van ander se onthalwe. Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, Reddit, elke internet forum waar daar comments toegelaat word is deurtrek met mense wat soek vir redes om aanstoot te neem, net sodat hulle voel asof hulle iets doen met hulle lewe. Vir die internet-cretins is rassisme, seksisme en talle-ander-ismes kos wat hulle eet net sodat hulle weer gal kan uitbraak. Dit is die rede hoekom News24 en talle ander Suid-Afrikaanse media sites hulle comments reeds gesluit het.

Tog is dit wat die Suid-Afrikaanse media gesluit het, ook wat Suid-Afrikaanse media gebou het. Niks is meer nuus nie, alles is sensasie en iets wat vure tussen die laaste grepe van die rassities ekstreem aan alle kante stook. Dit gaan alles oor clicks. Ek weet, want ek bestuur ook ‘n website. ‘n Hartseer troll het niks beter om te doen met sy lewe nie, en dus keer hy elke dag terug na News24 se comment section. Die troll het homself oortuig dat hy met skuilnaampies ‘n verskil gaan maak aan die onregte wat ander aangedoen word.

Zulaikha Patel aan die anderkant kruip nie weg agter ‘n rekenaarskerm nie.

Ras het eintlik niks met die saak uit te waai nie, maar as jy wil hê die massas moet daaroor praat, moet dit rassisties wees. Dit blyk amper vir my asof die meerderheid Suid-Afrikaners nog almal met thinly-veiled rassisme rondloop. Of dit heeltemal so uitgewerk was deur Zulaikha dat sy geweet het die kan opblaas na elke “nuus website” in Suid-Afrika, glo ek nie. Maar die feit dat sy grootgeword het sensasie-nuus ooral om haar, het versker ‘n impak gehad aan hoe Zulaikha se vreedsame protes uitgespeel het, en wat toe gevolg het van die media.

Suid-Afrika: julle behoort julself te skaam

Net laasweek het almal saam gelag vir ‘n arme vrou en haar hele familie wie se gesigde gesteel is van ‘n Facebook profile af, nadat sy haarself ontbloot het op die verkeerde WhatsApp groep. Elke ras, het saam gelag. Die week maak ons weer asof iets wat eintlik net ‘n mensereg moet wees (jou hare te dra soos jy wil) een ras is wat ‘n ander ras onderdruk. Op dieselfde tyd leer julle vir Zulaikha Patel, 100% ‘n kind van die reënboognasie en haar generasie, dat attention-whoring op enige manier reg is, solank jy aandag kry. Dit alles sodat ons “nuus” kan verkoop aan die wie dom genoeg is om ingesuig te raak. Wanneer die lyn tussen joernalis en troll nie meer so duidelik is nie, dan sit ons met ‘n probleem.

Ons het groter probleme. Nie alle kinders is so bevoreg soos Zulaikha Patel nie. Nie alle kinders kry ‘n behoorlike onderig nie. Zulaikha kan eet elke dag en haar ouers het werke sodat hulle al hierdie dinge vir haar kan gee. Miskien moet ons eerder begin geraas maak oor die sake waar kinders doodgaan van die honger en die dors in plaas van dat ons alles in ‘n ras storie verander om geld te maak.

Dink net as jy al die enrgie wat jy mors op troll speel oor kak, gebruik om geraas te maak oor iets wat kinders se dood veroorsaak. Miskien eendag sal my kind hopelik leef in ‘n Suid-Afrika waar die meerderheid van die media en die populasie nie vertraag is nie. Hopelik is Suid-Afrika eendag ‘n land waar ons dekwyse nie meer vasgevang is deur wat voorgeskryf word aan ons deur ‘n spul drek wat net wil geld maak nie. Hopelik word Suid-Afrika ‘n land waar mense vir hulself kan begin dink en nie meer sensasie-media herhaal asof dit gospel is nie.

You may also like...

2 Responses

  1. Vannhh says:

    Presies, op skool wou ek n langer styl hare gehad het. Needless to say het so n fokken ginger meneer een of ander perverse plesier daarvan gekry om sidies te pluk. Doos move? Natuurlik. Onderdrukking van my regte? Not by a long shot. Dit was tog net hare en teen die middag was my kop maar baie meer haarloos en die hele storie was vergeet – sal nogsteeds hom n PK wil gee oor hy n doos was, maar ek blameer nie al die ander onderwysers in die land nie.. So sure, skoolreels is soms onnosel en onnodig, maar FFS dis nie nodig om n ras gedrewe optog te he daaroor nie.

  2. Dewa says:

    hoe de donner sien jy die bord a s jy agter daai kint moet sit?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *