Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #82 – rAge… Against the Machine

In die week se episode van die gevaaalik.comedy Podcast praat ek en my vriend Jacques oor die rAge Expo wat so paar weke gelede gebeur het. rAge is die grootste gaming expo in Suid-Afrika, if not Afrika. Die jaar was die grootste rAge nog ooit in terme van attendance en ons praat bietjie oor wat ons gesien het, waarvan ons gehou het en waarvan ons nie gehou het nie.

gevaaalik-podcast-82-rage-against-the-machine

Ons praat ook oor die Telkom DGL Masters Finals wat gebeur het by rAge, hoe professional gaming in Suid-Afrika gegroei het en hoe ons sal like om Halo ook te sien as ‘n competitive sport in Suid-Afrika op die vlak waar CS:GO en Dota 2 gespeel word. Ons hak bietjie vas by Halo en ons soektog na ander Afrikaans mense om saam met ons Xbox Live te speel. As jy ‘n Xbox One het en saam met ons wil speel kan jy vir my add ons Xbox, my gamer tag is StixGevaaalik en Jacques segamer tag is AXG Jaczerdio.

Jy kan die gevaaalik.comedy Podcast kry op iTunes, so bliksem daardie subscribe knoppie en kry elke nuwe episode soos dit verskyn. As jy ‘n Android device het kan jy BeyondPod gebruik en ook subscribe aan ons podcast deur net te search vir “gevaaalik.com”. Of ‘n ander opsie is dieSoundcloud App en dan kan jy ons podcast sommer via ons Soundcloud page kry wat werk vir alby Apple en Android.

Die song aan die begin van die week se podcast is Know Your Enemy – Rage Against the Machine.

Dankie dat jy luister en geniet die week se gevaaalik.comedy Podcast. Dit is great om feedback te kry op die podcast so los asseblief ‘n comment of stuur vir ons ‘n email by podcast@gevaaalik.com.

Geniet die podcast en hier is so paar foto’s van rAge 2016 hier onder.

rage-2016-2

rage-2016-3

rage-2016-4

rage-2016-5

rage-2016-6

rage-2016-7

rage-2016-9

rage-2016-10

rage-2016-11

rage-2016-12

rage-2016-13

rage-2016-14

rage-2016-15

rage-2016-16

rage-2016-18

rage-2016-19

rage-2016-20

rage-2016-21

rage-2016-22

rage-2016-23

rage-2016

rage-2016-8

rage-2016-17

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

1 Response

  1. November 28, 2016

    […] Nuwe gevaaalik.comedy Podcast is nou beskikbaar vir jou luister genot. Nie vir sensitiewe oortjies of grensers nie. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *