Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Pukkelpop gekanselleer

Die Pukkelpop-fees is amptelik gekanselleer. ‘n Sterk storm het gisteraand die feesgronde getref. Vyf mense is dood, tien is ernstig beseer, en honderde ander het ligte beserings opgedoen. Drie van die ernstig beseerdes word in die hospitaal behandel, maar verkeer nog in lewensgevaar.

Die fees is gisteraand laat gekanselleer en mense is steeds besig om die feesterrein te verlaat. Verskeie van die bands wat sou optree het intussen hulle medelye via Twitter uitgespreek. Foo Fighters, een van die main acts vir hierdie jaar se fees, het laat weet: “Our hearts go out to everyone affected by the tragic events at Pukkelpop.” Sedert gisteraand trend #Pukkelpop hoog op Twitter in verskeie Europese lande, insluitend Duitsland, Engeland en Nederland. Sedert vanoggend is dit ook in die top tien trends in Suid-Afrika.

Pukkelpop is redelik bekend onder Suid-Afrikaners, en SA acts soos Brasse vannie Kaap en Boo! het al in die verlede daar opgetree.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *