Borat doen dit weer
Borat is al ‘n stokou movie, maar dis nog vars in ons geheues. Ek dink nie jy gaan die volgende glo nie – selfs ek sukkel om dit te glo. Ek moet bysê dat ek het dit raakgelees het op Reuters, so dit moet waar wees. Alles op die internet is mos waar?
Die headline loop so: Borat Anthem Played by Mistake at Medals Ceremony.
Blykbaar is die spoof national anthem van die fliek Borat gespeel na die Kazakhstan-skietspan se oorwinning in Koeweit. Die organiseerders het sommer besluit om die spanne se landsliedere van die internet af te download en ja, die res kan jy self dink. Blykbaar het hulle Serbië s’n ook verkeerd gekry. Watse clowns reël hierdie toernooi? Dit klink soos die short cuts wat ek gevat het op universiteit.
Die BBC se storie eindig met die volgende:
The spoof anthem, from the movie Borat: Cultural learning of America for make benefit glorious nation of Kazakhstan praises Kazakhstan for its superior potassium exports and for having the cleanest prostitutes in the region.
Imagine wat moes daai arme ouens dink: “Is ons deel van nog ‘n Borat movie? Is dit ‘n Borat balsak wat ek ruik? Ek hoop nie Sacha Baron Cohen tea bag my nie!”
Ek gaan kyk of ek nie iewers ‘n video hiervan kan opspoor nie. I’ll keep you posted.