Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe DStv kanaal het mense aan die grens

Al die mense wat DStv het was fokken opgewonde oor hulle ‘n nuwe kanaal kry wat hulle weg van oefening en vasgenaal voor die TV kan hou. Studio Universal, wat op kanaal 119 beskikbaar is aan dié wat DStv kan bekostig, het die naweek wat verby is begin uitsaai.

Een van die flieks wat jy die naweek op Studio Universal kon sien was The Fast and the Furious. Die eerste een. Die een wat nog cool was. Maar blykbaar was dit nie so cool om te kyk op Studio Universal nie. Die klank van The Fast and the Furious was blykbaar agter die beeld. Volgens kykers was dit heeltemal onaanvaarbaar. Blykbaar is dit kak baie moeite om die kanaal te verander na een van die vyf ander fliekkanale wat beskikbaar is op DStv.

Verder het mense ook gegrens oor een van die advertensies van die nuwe kanaal Eddie Murphy op het waar Eddie skree: “Mother of God!”. Al vir jare kyk gesinne programme soos Friends, How I Met Your Mother, 30 Rock, 3rd Rock from the Sun, That 70’s Show net om ‘n paar te noem, waarin die frase “Oh my God” op ‘n gereelde basis uit die karakters se monde kom. Maar dit is ok, solank jy net nie verwys na die ma van ‘n god nie. Got.

Nou het ek net een vraag. Het mense nie belangriker goed om oor te grens nie? Dit is seker maar wat gebeur as die hoogtepunt van jou naweek ‘n fliek is wat op TV wys.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *