Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #48 – Thank You For Not Smoking

Meer as 4 maande lank was die podcast buite aksie. Maar nou is die podcast terug, weer, vir die nege en veertigste keer. Jip die is gevaaalik.com Podcast #49 – Thank You For Not Smoking.

Gevaaalik Podcast #48

Ons praat oor E(lektroniese)-sigarette en of hulle beter is vir jou as net tabak rook. Ons vind ook uit wat gebeur met jou lyf as jy ophou rook en ons praat oor horror series en flieks.

Baie dankie vir die e-mails en comments. Dankie dat julle gevra het wanneer die podcast weer gaan terug wees. Dankie dat julle geduldig is met ons en verstaan dat gevaaalik.com nog so bietjie moet groei voor ons alles sal kan drop om goed te doen vir gevaaalik.com. Steph en Steyn, dankie.

Ek het ook besluit om die podcast terug te vat Soundcloud toe. Die groot rede is dat jy die gevaaalik.com Podcast dan gaan kan kry op iTunes. Daar is baie Apple gebruikers onder die savages van julle wat gevaaalik.com besoek. Dus sal dit net sin maak dat ons die podcast beskikbaar maak op iTunes ook. Ons wag tans vir iTunes om ons podcast channel goed te keur, ons laat weet julle sodra dit gebeur.

Dankie dat julle aanhou julle vriende vertel van die podcast wat baie sporadies verskyn. Ons kyk of ons ‘n maand run kan doen die keer, en dan vat ons dit van daar.

Thanks dat julle luister.

You may also like...

2 Responses

  1. Steph says:

    Coolste ding ooit dat jy oor my in die podcast gepraat het, haha. Dankie, man. Ek het baie respek vir julle ouens. Ek weet hoe moeilik dit moet wees om ‘n website gereeld te bestuur terwyl jy ook voltyds werk…laat staan nog ‘n podcast. Nog meer so ‘n podcast wat eintlik snaaks en interessant is. Jou moeite word nie vermors nie. Dis ‘n uitstekende podcast waarop jy trots moet wees en jou talent, harde werk, en waardering vir jou besoekers en luisteraars sal sekerlik afbetaal.. In ‘n groot manier, ek hoop, want julle verdien dit.

  1. November 20, 2015

    […] Luister na die nuutste podcast episode: #49 – Thank you for not smoking […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *