Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ontmoet die Magtige Suroor

Suroor beskryf homself as “a happy, proud, single, healthy and wealthy bachelor”.

As jy nog nie van Suroor gehoor het nie, waar de hel was jy die afgelope maand? Suroor is ‘n internetfenomeen wat net wag om te gebeur. Nie net het hierdie man die grootste biceps in die fokken heelal nie, hy hou ook van klein wollerige katjies.

Suroor sê “I like Kittens, Bikes & very Small Kids too much” (woord-vir-woord van sy Facebook af), en “I Hate Advices and Dont take it”. Daarom is sy biceps dalk so ongoddelik groot. Iemand het sekerlik gesê dit lyk fokken weird en kan nie goed wees vir mens nie. Suroor het dit sekerlik as advies beskou, en besluit om sulke swak advices te ignoreer.

As jy nie van Suroor hou nie, fok jou, want kyk wat sê hy juis vir mense wat sy Facebook page besoek: “I Dont Care if anybody Reads this or Not or even after reading everything if they Pretends that who will read the whole”. Ons hier by gevaaalik.com is nie heeltemal seker wat dit beteken nie, so ons raai ook eintlik maar net. Ons probeer nog uitvind wie is hierdie “Reads” en “Pretends” persone is waarvan hy praat.

In elk geval, as jy sou belangstel in Suroor se lewe, besoek gerus sy strangely entertaining Facebook page. Maak eerstens seker jy is gereed om oorval te word deur die wonder van Suroor, en kyk dan na die foto’s en lees hul onderskrifte. Dit is absolute filosofie!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *