Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nog kaartjies beskikbaar vir Kings of Leon

Kings of Leon

Die aanvraag na kaartjies vir Kings of Leon se optrede in Jo’burg in Oktober het Big Concerts gedwing om nog kaartjies beskikbaar te stel, berig Beeld.

Dié band het ‘n ruk gelede opslae veroorsaak toe hulle Amerikaanse toer gekanselleer is oor persoonlike probleme in die band. Suid-Afrikaanse fans was veral bekommerd dat die band se optredes hier in Oktober dalk nie meer verseker sou gebeur nie. Dit lyk egter asof fans nie hoef te worry nie, want die concert gaan nog voort.

Die opening acts vir die Kings is ook vroeër hierdie week aangekodig. Julle sal bly wees om te hoor dat die Heuwels Fantasties een van hierdie acts is. Shadow Club en die Black Hotels gaan ook ‘n draai gooi.

Jy kan een (of baie) van die ekstra kaartjies koop deur Big Concerts se website. Maak net seker jy klik op Kings of Leon en nie per ongeluk op die fokken creepy Spaanse zombie van lekker-luister-musiek nie (Julio Iglesias).

You may also like...

1 Response

  1. Stix says:

    Ek kan nie wag om Shadowclub live te sien nie. Sekerlik die beste engelse local band wat SA al gesien het in die laaste 10 jaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *