Night in New York by Priva
Ek is ‘n tipiese man as dit kom by dates, romanse ens. My vrou sal eerste wees om vir jou te sê dat ek redelik clueless is as dit kom by die tipe goed. Ek is wel nie ‘n food blogger nie, maar elke nou en dan is daar ‘n okasie om my vrou uit te vat en bietjie te bederf. Vir my vrou se verjaarsdag die jaar was Priva vriedelik genoeg om ons te nooi om ‘n aand sonder die kind by hulle te spandeer. ‘n Bargain vir my, want nou hoef ek nie vir ure te sit en soek vir ‘n lekker restaurant on haar na te neem vir haar verjaarsdag nie.
Priva Lounge is nie net ‘n restaurant nie
Priva Lounge Pretoria is ‘n fine dining establishment met uitstekende kos baie fancier as wat ek ooit self vir vroulief sal kan kook by die huis in my kombuis. Priva het ook ‘n cigar lounge soos wat ek nog nooit gesien het nie. Daar is ‘n humidor wat jy letterlik in kan loop om jou cigar van te kies. Saam met enige goeie cigar gaan goeie whiskey of ‘n lekker drankie. Daar om is daar ‘n verskydenheid van honderde whiskies om van te kies, as ook elke ander spirit en liquer waaraan jy kan dink.
My vrou is nie ‘n groot fan van cigars of whiskey nie, maar my plan is eendag ‘n spul ouens te vat na Priva se cigar lounge vir cigars en whiskey asof dit weer my kind se geboortedag is. Daar is ook live musiek by Priva gewees toe ons die aand daar was. Lekker jazz vibes wat help om die by die old school cigar lounge atmosfeer te gee.
Night in New York set menu
Fine dining is nie altyd bekend vir hoe bekostigbaar dit is nie. Uitstekende restaurante se pryse is gewoonlik bietjie bo my vuurmaakplek. Tans het Priva ‘n special aan wat perfek was vir iets soos my vrou uit vat vir haar verjaarsdag of ‘n date. R350 per persoon en jy kry die Night in New York set menu. Jy kan kies tussen twee verskillende starters, mains en deserts en elke ete word met ‘n wyn gepaar.
Ek en my vrou het besluit om elkeen ‘n ander dus te bestel van die Night in New York menu af sodat ons alles kon proe.
Voorgereg
“A Pie called Macaroni” of “Oysters Rockefeller”
Ek is nie ‘n fan van gaar oesters nie, maar die Osters Rockefeller was die lekkerste oesters wat ek nog ooit getand het, en hulle was gaar. Die Pie called Macaroni is basies Mac en cheese met bacon, maar soos jy dit nog nooit geëet het nie. Dit kom met ‘n ranch sous en is in sulke disks wat ek amper seker is in olie gebak is. Albei was baie lekker, maar as ek weer gaan is dit die Oysters Rockefeller al die pad vir my.
Hoofgeregte
“Uptown Oink” of “Goddess of the Hunt”
Pork medallions met gemmer en appelkoos sous en gerookde appelmoes op ‘n bedjie van aartappel mash. Kan mens ooit verkeerd gaan met vark? Ek dink nie so nie, en hierdie was ongelooflik lekker gewees. Sag en ‘n reeks smake wat mooi saam werk, dit is wat jy kry as jy die Uptown Oink bestel. Goddess of the Hunt is vir die wat mal is oor die rooivleis, soos ek. Steak Diane met spinasie en stukkies bacon, plus beer battered onion rings. Die was eintlik die dus wat my vrou bestel het, maar ek het die meerderheid daarvan getand, saam met my Uptown Oink. Die steak was perfek gaar gewees en ek soek bakke vol van die beer battered onion rings vir elke keer as ek ‘n paar biere wil drink.
Nagereg
“Washington Square Park’s favourite” of “Hipster’s Delight”
Die was ‘n moeilike een. My vrou het jare terug baie tyd in Mexico spandeer en daar het sy deep fried ice cream vir die eerste keer geëet. Sy het al deep fried ice cream probeer hier in Suid-Afrika, maar dit is nooit naby aan so lekker soos wat dit was in Mexico nie. Hipster’s Delight klink soos iets wat ek sal haat, maar eintlik is dit deep fried ice cream. Die Hipster’s Delight is alles wat hipsters nie is nie: Cool, lekker en iets waarvan ek meer wil hê. Ek het gegaan vir die Washington Square Park’s favourite, Pumpkin Cognac cheesecake. Ek hou van cheesecake, ek hou van cognac en ek hou van pampoen en goeie bliksem hierdie cheesecake was ongelooflik lekker.
Ek is miskien nie ‘n food blogger nie, soos jy kan sien aan my foto’s. Maar ek weet wanneer kos vir my lekker is, en hierdie kos was uit die boonste rakke. Die Night in New York menu is ongelooflike goeie waarde vir geld teen net R350 per persoon, veral omdat jy ‘n glas wyn kry saam met elke maaltyd. En nee, jy gaan nie ‘n glas Tassenberg wyn kry by Priva Lounge nie. Net die tipe wyn wat ek nooit per bottel sal kan koop nie. As jy jou vrou/meisie wil bederf vir haar verjaarsdag of ‘n anneversary dan is ‘n Night in New York aand by Priva Lounge ‘n moet.
O, en as jy by Priva aankom, maak seker jy begin jou aand met ‘n cocktail. Vra vir die “Blood in the sand”, ek kan nie vir jou sê presies wat daarin is nie, maar dit is loshande my gunsteling cocktail nou. Ek sal ook terug gaan Priva toe net vir daardie nageregte!