Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

‘n Beginners Reddit tutorial en welkom by r/gevaaalikdotcom

Vir ‘n hele ruk nou al sukkel ons ongelooflik met spam comments op gevaaalik.com. Duisende ‘n maand. Dus het ons besluit om in die nabye toekoms ons comments section op gevaaalik.com te sluit en al die aksie te skuif na ons persoonlike subreddit op Reddit.

gevaaalikdotcom subreddit op Reddit
As jy nie Reddit ken nie gaan ons vir jou vinnig verduidelik hoe om te begin met Reddit om jou lewe op die internet beter te maak. As ons die kommentaar op r/gevaaalikdotcom laat gebeur gaan jou user experience as ‘n gevaaalik.com leser ook 1000 keer beter wees. Reddit word die front page of the internet genoem vir ‘n rede. Ons hoop ook dat r/gevaaalikdotcom help om dit makliker te maak vir lesers om foto’s en videos te submit wat hulle graag op gevaaalik.com sal wil sien.

Reddit 101, ons breek dit vir jou af

Hoe jy jou Reddit account kry

Een van die groot redes hoekom Reddit so gewild is, is oor dit so maklik is om vir jou ‘n account te maak, jy kort nie eers ‘n email adres nie. Jy kan dus met net ‘n paar clicks en so bietjie tik vir jou ‘n Reddit account maak.

sign in or create an account

Dit is so eenvoudig soos click op “sign in or create an account in seconds” regs bo aan die site, en dan moet jy eenvoudig 3 woordjies tik: Jou username, jou password en weer jou password. Siedaar, jy het ‘n Reddit account. Geen email adres nodig nie. Natuurlik is dit moontlik dat jou username van keuse, soos byvoorbeeld BigDick69, klaar gevat is. Jy kan enige username kies, solank hy uniek is. Vir die post het ek die account Gevaaalike_Demo create. Jy kan jou username ‘n skuilnaam maak as jy annoniem gaan wil kommentaar lewer of links deel. Of jy kan soos ek, jou regte naam gebruik. Die keuse is joune.

Maak nie saak wat jou skuilnaam is nie, maak net seker dit is iets wat jy kan onthou vir wanneer jy weer gaan wil inteken en kommentaar lewer, goed deel, of net vote op links en comments. Jy gaan natuurlik jou password ook moet onthou as jy dieselfde account heeltyd gaan wil gebruik, dit het verseker voordele. Ons bespreek daardie voordele later.

Belangrike goed wat jy sal sien op Reddit

Click net op die foto om hom fullsize te sien

Reddit Front

  1. ‘n Link gedeel op Reddit. Jy click net op die link om hom oop te maak. Jy kan in jou preferences gaan verander of links oop maak in ‘n nuwe tab/window.
  2. Jou account. Van regs na links: Jou username, jou karma score (punte vir links en comments gestem deur ander Reddit gebruikers), jou PMs of Private Messages soos as iemand comment op ‘n link wat jy gedeel het, jou preferences en die logout knoppie
  3. Jy click hier om ‘n link te deel. Gee jou link ‘n titel, paste die link in die nodige spasie, kies in watter subreddit jy die link wil deel en click submit.
  4. As jy nie ‘n link wil deel nie, kan jy ook text submissions doen. Dit is ook bekend as ‘n self-post. Wil jy weet wat dink ander redditors van Eskom, die ANC of het jy ‘n storie om te vertel? Dan is Submit ‘n text link waar jy jou vraag kan vra of storie vertel.
  5. Meer besonderhede oor ‘n link: Hoe lank terug is die link gedeel, wie die user is wat dit gedeel het en in watter sureddit hy dit gedeel het
  6. Die link score/karma. Upvotes minus downvotes gee jou die score. Hoe meer upvotes hoe hoër verskyn die link op Reddit/’n Subreddit. Hoe meer downvotes hoe verder af. Dit hou die interesante goed bo en druk die kak goed af onder toe.

Op Reddit help jy besluit wat is cool en wat suck

Reddit het ‘n voting system in plek sodat almal op Reddit kan stem op links en comments wat gedeel word op die site. As jy dink ‘n link of comment verdien om deur meer mense gesien te word, dan click jy op die op-pyltjie langs die link of comment om te upvote, of die af-pyltjie om te downvote. Tussen die pyltjies word daar gewys hoeveel upvotes vs. downvotes ‘n link of comment al gekry het.

Upvotes and Downvotes

Dit is hierdie system wat Reddit so awesome maak, want dit is die Reddit community wat hulsef reguleer en besluit wat bo moet verskyn en wat afgestem moet word tot niemand dit meer sien nie. Op r/gevaaalikdotcom sal die voting system help dat ons kan sien van wat hou julle en wat nie. Dit sal ook help om te sien watter links of foto’s wat julle deel graag gesien wil word op gevaaalik.com deur baie van julle, die lesers.

Gebruik jou account vir comment en links deel

Reddit se comment system is die rede hoekom ons besluit het om r/gevaaalikdotcom te begin. Ons hoor te min van ons lesers omdat ons comment system op gevaaalik.com bietjie ouderdags is. Reddit se comment system werk baie beter. Die maklikste manier om te begin deelneem is deur net ‘n comment te los op een van die links wat ons gedeel het op r/gevaaalikdotcom.

Commenting on Reddit

Jy kan ook links deel op Reddit (sien punt nommer 3 hier bo). As jy ‘n foto wat jy self geneem het of gemaak het wil deel sal jy ‘n image hosting service soos Imgur moet gebruik. Jy upload die foto na Imgur en dan deel jy daardie link op Reddit. Dit klink baie deurmekaar, maar sal alles meer sin begin maak sodra jy Reddit begin gebruik.

Customize Reddit volgens jou belangstellings

Subreddits is Reddit communities wat fokus op spesifieke onderwerpe. Soos r/gevaaalikdotcom is gevaaalik.com se subreddit waar ons al die artikels wat op gevaaalik.com verskyn deel. Jy kan self die search bar gebruik om te soek vir subreddits oor onderwerpe waarin jy belangstel. Al wat jy hoef te doen is click op die subscribe knoppie soos in die image hier onder.

Subscribe en unsubscribe

So paar subreddits wat jy dalk sal geniet:

Hoekom r/gevaaalikdotcom die subreddit

Dit sal die comments op ons artikels vergemaklik. Aan die einde van elke artikel op gevaaalik.com sal van nou af ‘n link wees waar die artikel bespreek kan word op r/gevaaalikdotcom. Op die gevaaalik.com subreddit kan jy ook links deel na artikels wat jy dalk dink ons moet sien. Of dit sal dit makliker maak vir julle om foto’s vir die Random Gevaaalikhede, Stoute Boudjies of Vrydag Bederf. Of julle kan stem op foto’s en link wat ander gevaaalik.com lesers deel sodat ons kan sien wat julle graag sal wil sien op gevaaalik.com.

So gaan try Reddit nou, ons sien uit om julle as deel te hê van die aksie. Vir meer info op Reddit en hoe dit werk, lees hier.

Reddit button

You may also like...

3 Responses

  1. January 2, 2015

    […] As jy dus will kommentaar lewer oor die week se Vrydag Bederf, 'n foto met ons wil deel of net 'n link na 'n interesante artikel iewers op die internet, kan jy dit maklik genoeg doen op /r/gevaaalikdotcom. Jy kort nie eers 'n e-mail adres om 'n Reddit account oop te maak nie. Loer hier vir ons Reddit Beginners Tutorial. […]

  2. January 7, 2015

    […] 'n solid week in die nuwe jaar in. Meer as dit het ek regtig nie om jou te vertel nie. Jy moet wel ons subreddit op Reddit gaan uitcheck en subscribe vir ons weeklikse nuusbrief wat Vrydag vir die eerste keer uitgestuur […]

  3. January 14, 2015

    […] Jy lyk asof jy 'n kan doen met 'n blaaskans. Wat van 'n Stoute Boudjies blaaskans? Natuurlik het ek nou jou aandag. Nou dat ek jou aandag het kan ek jou ook net weer herhinder dat ons comments op gevaaalik.com binnekort gaan sluit. Ons skuif on comments na Reddit toe, want dit werk net beter en dan is spam nie so groot probleem nie. As jy glad nie Reddit ken nie, stel ek voor jy begin hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *