Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Moan by Oom Pep, nog ‘n antwoord.

TC Vra:

Beste Oom Pep.

Nederige dank vir die geleentheid om te moan.

Ek wil baie graag moan oor daai show Kenny vs Spenny op Animax channel. Ek weet Animax is nie vernaam vir Emmy-wennende programme nie, maar JISIS! Wil Oom vir my sê daar is regtig geen ander programme wat hulle eerder kan herhaal as om hierdie absolute kak te wys nie?

Indien Oom nou nie weet nie – hierdie program handel oor twee nole wat mekaar probeer indoen. Die een sal byvoorbeeld die ander een blinddoek, en hom dan vra om “‘n komkommer” soos ‘n roomys te lek. Wanneer Nool #1 dan sy blinddoek afhaal, het Nool #2 hom ‘n vet poets gebak en hom ‘n donkiepiel laat lek. Dan spoeg Nool #1 vir Nool #2. Dit gaan aan vir so 30 minute op ‘n slag.

Nou hoekom verander mens nie net die channel nie, reg? Dis juis die probleem. Dis soos om na Elana Afrika te kyk/luister. Mens hou juis aan om dit te doen, sodat jou bloeddruk opgaan vir een of ander rede. Dan soek jy sommer kak met enige iemand en skop die hond uit bezirkte onverklaarbare woede.

Terug na Kenny vs Spenny. Ek wil moan oor hierdie oninteressante, onkreatiewe, low-life konte. Hulle vlak en dom grappies is kak. Wie okal die script vir daai show skryf is ‘n troglediet. Hulle treiterende show behoort slegs in die gopse van die aarbol (soos Zimbabwe) uitgesaai te word. Ek dink mens moet Multichoice by die BBCSA aangee omdat hulle sulke stront op TV uitsaai.

Ek hoop in die nabye toekoms sal Kenny en daai kont Spenny julle dose van die week wees.

Oom Pep se antwoord:

Geagte TC

Weet jy wanneer laas het ek die woord “nool” gehoor?  Ek neem aan ons het hier te doen een van die meer senior gaste op ons webwerf.  Ek moet se ek het al op die gemors van n program afgekom toe ek baie passievol deur die kanale gerits het (ek kan nie glo DSTV het 400 + kanale nie en soms nog steeds niks wat die moeite werd is om te kyk nie).  Ek blameer die Amerikaners en die Britte vir die gemors op TV!  Nou vra jy seker  “Maar hoekom Oom Pepi ?”.  Moet jouself nie bekommer nie, ek gan jou nou vertel:

Die normale wit Brit en Amerikaner is onmenslik dom.  Hulle is net gelukkig dat hulle in ‘n eerstewereld land bly, want hulle sal dit nie in Afrika maak nie.  Die domste normale Afrikaner lyk soos n donderse genie teen hierdie nikswerd gemors van die wereld.  Nou vra jouself, hoe vermaak jy n dom mens?  Maklik! Met Kenny en Spenny!

Maar ten spyte van die feit dat dit volgens my en jou n baie teleurstellende TV program is en dat dit bedoel is vir die massa fokken idiote daar buite, is dit “A- klas vermaak”.  Ek persoonlik dink die program sal goed werk in een van China se martelkampe.  Then again, daar is dom mense regoor die wereld wat nou op die oomlik hulle bekke hou en ons slim naaiers nie pla nie, want hulle kyk Kenny en Spenny  aka die grootse klomp kak.  So daar is n doel vir die tipe program, en dis dat dom mense nie te veel inmeng waar hulle opinies niks saakmaak nie, en slim mense se tyd mors nie.

TC ek bedank jou vir die moan. Dis altyd lekker om te sien daar is nog aktiewe oumense daar buite

Ek voel jou pyn en deel daarin

Oom Pepi

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *