Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die staat maak Casper ook die moer in

Soos almal weet is dit nie moeilik om deesdae kwaad te raak nie. Al wat ‘n mens moet doen is om na enige staatsinstansie te gaan vir iets en ek waarborg jou, binne tien minute sal jou bloed kook en jy sal almal poesvloek. So het dit ook met Casper de Vries gebeur.

Hy was die naweek in Nam. Namibië jou drol nie Vietnam nie. Casper vat toe sy brakkie saam, Halfrieda. Alles was piekvyn tot Casper en sy brakkie probeer terug keer het good old South Africa toe. ‘n Staatsveearts moet jou hond ondersoek wanneer jy terug in RSA arriveer, net om seker te maak jou geliefde woefie bring nie siektes of iets saam hom die land in nie. Dit is als goed en wel en baie verstaanbaar.

MAAR…

Soos dinge werk as dit by ons fantastiese staatsinstansies kom, was daar geen staatsveearts op O.R Thambo toe Casper arriveer nie. Ek volg Casper op Twitter en blykbaar is daar vir hom gese hy moet wag vir n veearts om lughawe toe te travel terwyl hy soos stoute seuntjie in die hoof se kantoor moet sit en wag. Na ure se fokken wag besluit Casper: “Fok die kak!” Vat toe vir Halfrieda en maak soos rockof en fokof.

Dit het die “Staat” nie lank gevat om Casper te bel nie, hy is beveel om dadelik terug te keer lughawe toe en om ook sy hond saam te bring vir n “good old frisk”. Daar was gedreig dat as Casper dit nie onmiddelik doen nie sal hulle hom fine en sy hond op n one way trein hemel toe sit.Wat ‘n klomp konte.

Alles is darem nou uitgesort, Casper en Halfrieda is altwee okay. As die staatsveearts maar net van die begin af op die lughawe was (soos wat versies word) sou alles seker fine gewees het. Aan die ander kant is daar ‘n groter kans dat SARS tot vyfuur op ‘n Vrydag middag sal oop bly. Lekker om vir die staat te werk.

You may also like...

4 Responses

  1. _os_ says:

    dude, joy fokken spelling SUCK. jy spel dieselfde woorde verskillend in dieselfde paragraaf.

    Kasper vs Casper
    Helfrieda vs Halfrieda is maar net so paar voorbeelde.

    eish fok, ek like jou site, maar dit lees donners fokken moeilik.

    ok bye

  2. Stix says:

    “Dude, joy fokken spelling suck?” Jissis bra die dag as jy “jou” kan reg spel kan jy my lesse gee in spelling. Anders as dit, lekker lees op gevaaalik.com. Hahaha fokket.

  1. October 26, 2010

    […] This post was mentioned on Twitter by Casper de Vries, Ruan Fourie. Ruan Fourie said: @casperrasper goeie artiekel oor jou lughawe debakel http://x5s.c11.mytemp.website/die-staat-maak-casper-ook-die-moer-in […]

  2. October 29, 2010

    Gevaaalik…

    […] something about gevaaalik[…]…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *