Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Man dood na Facebook groep sê dodelike skerpioen is skadeloos

‘n Man is Sondagoggend oorlede na hy gesteek is deur ‘n skerpioen in sy huis, nadat lede van die ‘Eks [sic] van die Ooste’  groep hom oortuig het die skerpioen is skadeloos.

Janus Kanniedinkie het Saterdagoggend ‘n post op die bekende Pretoria-oos Facebook groep geplaas saam met ‘n foto van die skerpioen wat hy in sy tuin gevind het.

“Janus was eintlik ‘n regte tweegesig. Nooit regtig geweet waar jy met hom staan nie.” sê een van die lede van die ‘Eks van die Ooste’ groep wat Janus slegs geken het van die posts van hom wat sy gesien het op die groep.

“Ek is in ongelooflike pyn! Hoekom is jy besig om my vrae te vra. Fokof jou doos!” is al kommentaar wat Janus Kanniedinkie gelewer het terwyl hy Saterdagaand in die abulaans gelaai is.

Hordes kommintaar* het ingestroom op vanaf lede van die ‘Eks van die Ooste’ Facebook groep. Die groep bestaan uit amper 42 000 lede en word bestuur deur ‘n Pretoria-oos familie. Die groep is meestal gevul met banale snert posts wat lede van die gemeenskap plaas omdat hulle letterlik niks beter het om met hul tyd te doen nie. Die groep word ook gebruik om publieke verskynings van mense soos Gretha Wiid te adverteer.

“Vir my is dit lekker om my kommintaar te lewer op ander mense se doen en late. Dit laat my lewe voel soos ‘n episode van 7de Laan… tot ek moet gaan slaap in die aand. Dan huil ek.” sê Santie McLifesad, ‘n trotse lid van die groep.

Tussen die banale snert is daar oor Facebook posts wat vir raad, advies of verwysings vra. Daar word amper op ‘n daaglikse basis glo foto’s geplaas van spinnekoppe, slange en skerpioene waar lede ander lede van die groep vra om die gediertes te identifiseer. Gewoonlik is die belangrikste vir die wat foto’s post dat daar gesê word of die skerpioen, slang of spinnekop giftig is.

Kanniedinkie se post wat hordes kere ge-share en die kommentare het begin instroom. Teen 09:15 het Kanniedinkie besluit hy het van genoeg mense gehoor: die skerpioen skadeloos is. Hy het toe besluit om die skerpioen te vang. 09:26 het Kanniedinkie nog ‘n post op die Facebook groep geplaas:

Die skerpioen is toe een van die meer as 20 verskillende skerpioene wat dodelik gisftig is, wat gevind word regoor Suid-Afrika.

“Ek het so paar jaar terug ‘n documentary gekyk op Discovery oor skerpioene. Net dit maak my 1000 keer meer gekwalifiseerd om skerpioene te indentifiseer as enige van die ander mense in ‘Eks van die Ooste‘. Wat besiel jou in elk geval om advies van vreemdeling op die internet te volg?” sê Anton Skerpioenman, Kanniedinkie se buurman.

“Janus het my kom vra of ek hom hospitaal toe kan neem. Sy hand was so erg opgeswel dat hy nie sou kon ratte verander as hy self moes bestuur nie. Ek het vir hom gesê ek dink ek gaan maar eerder net bel vir ‘n ambulaans.”

Kanniedinkie het by sy buurman gaan vra vir hulp rondom 17:00 Saterdagmiddag. Teen 17:45 was Kanniedinknie in die ambulaans oppad na Pretoria-oos Hospitaal.

Janus Kanniedinkie is 03:00 am Sondagoggned oorlede. Dr. Willim Glonie het gesê Kanniedinkie is dood weens die skerpioen gif, maar ook die te kort van helfde van sy brein.

“Ja, lyk my jy moet regtig ‘n halwe brein hê om mense op daardie groep te vra vir raad.”

*kommintaar is opinies en oningeligte informasie wat oorgedra word vir kommentaar op social media soos Facebook, Twitter en Instagram.

Kry vir jouself ‘n media player soos die MyGica 4k Android 6 een hier bo, en verlos jouself van die beperkings van normale TV. Kyk TV deur die internet! Dit en meer in die ‘8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat‘ post.

You may also like...

5 Responses

  1. pieter says:

    Hierdie is……Fake news! en nie eers snaaks of bietjie entertaining nie – net fake pics en posts met lekker over the top lieg stories!
    en as jy gaan se “satire” gaan ek in my broek kak want dis doelloos en BORING!
    Is jy regtig so jaloers dat jy geBAN was dat jy nou ,moet lieg stories oor hulle skryf? dis so klein local community forum bra – kom oor it!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter: Lekker Pieta. Weet nie waar kry jy jou informasie nie, maar as iets reg bo aan die page sê “satire” dan is dit satire. Gaan ruil gou jou broekie wat jy in gekak het, ek sal wag.

    Right, as for geBAN [sic], van wat is ek verban? ‘n Groep waarvan ek nooit deel was nie? Het jy hard op jou kop geval onlangs? Want jy maak geen sin nie.

    In elk geval, leer om vir jouself te lag en hou op dink dat jou “local community” bo die res van die heelal is. Dan sal jy minder in jou broek hoef te kak oor stukke satire op die internet.

  3. pieter says:

    OK wag, wag verstaan jy die woord “satire”?
    Satire is as iets regtig gebeur en iemand maak n grap daaruit….
    soos byvoorbeeld Shapiro en sy satire cartoons in die koerant – iets gebeur regitg en hy maak n grap daaruit….of selfs saturday night live (nie dat jy dit seker kyk nie) maar hulle vat ook REGTE world news en maak satire skids daaruit! scary movie ook! vat regte horror movies en sit n funny spin op dit hence ‘n satire comedy!

    hier het jy fake photos gevat en ge-edit, dan fake storie daar oor geskryf en dit gepost op jou super fake en poser site! sooooo FAKE NEWS moet einlik bo aan die stuk kak 1/2 uitgedinkte nie snaaks arikel staan!

    en ek verdegidig hulle glad nie! hoekom sal ek? dis net vir my moer snaaks dat jy nou in jou eie woorde “grens” omdat jy nie meer deel is van daai groep nie so nou moet jy net fake storietjies uitdink om hulle sleg te se ! wat fok gebeur ook niks in jou lewe behalwe doeke ruil en kar was nie!

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter: Om jou te quote: “Satire is as iets regtig gebeur en iemand maak n grap daaruit….”

    Jip, soos mense wat regtig vra op Facebook dat iemand ‘n skerpioen vir hulle identifiseer en dan vat hulle iemand wat eintlik niks weet van skerpioene se woord dat die skerpioen skadeloos is. Dus het ek iets wat regtig gebeur gevat en uit proporsie geblaas, en dus is dit satire.

    Nee, ek kyk nie Saturday Night Live nie, want dit is glad nie vir my snaaks nie. Ek verkies my sketch comedy a la “Chappelle’s Show”. Scary Movie en SNL is parodies, nie satire nie. Gaan lees ‘n boek en kry ‘n opvoeding, jou loser.

    Dit is royalty free images wat ek gebruik het. En nee, net omdat jy oor en oor sê “Fake news” maak dit nie fake news nie. Wie is jy, Donald Trump?

    Satire is nie grens nie. Jy wat KONTstant hier comment omdat jy wil maak asof jy nie verlief is op my nie, dit is grens. Jissis, hou net op grens jou loser. Net losers doen wat jy doen. As jy regtig nie ‘n loser was nie, sou jy gedoen het wat ek doen, maar beter. Tog, hier is jy, besig om jouself te gedra soos ‘n kleuter seuntjie wat ‘n dogtertjie se hare trek omdat hy eintlik van haar hou, hy wil dit net nie aan homself erken nie.

  5. AD93 says:

    Lmfao Stix 🤣🤣🤣. Nice 💪

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *