Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Leser musiek voorstelle

Die laaste week het ek nogal baie musiek voorstelle gekry. Sommige van die bands het ek al gehoor, van dit het ek nog nooit gehoor nie. Ek het gedink dit sal ‘n goeie idee wees om vir julle ook te wys wat mense vir my stuur, so hier onder is so paar van die voorstelle wat ek oor die afgelope maand of wat gekry het.

Bad taste in music

Dit is clearly die girl wat dit sê. Die ou dink: “Ek sal jou musiek verdra tot ek jou uit jou klere uit gekry het.”

Probot – Shake Your Blood

Probot is nog een van Dave Grohl se vingers wat hy in klomp verskillende pies het. Toe Dave ‘n tiener was het hy baie na metal geluister soos Sepultura, King Diamond, Voivod,  Motörhead en ander. Dave het toe besluit om so paar metal songs te skryf en die guitar en drums self te speel en record. Hy het vir elke song wat hy geskryf het, ‘n vocalist in gedagte gehad uit die metal bands wat hy na geluister het.

“Shake Your Blood” is die song wat hy saam met Lemmy van Motörhead gedoen het. Lemmy het die lyrics geskryf en self die bass gespeel. Ek het die Probot album gekoop in 2004 toe ek nog in Londen gebly het. Dit is ‘n great album vir die van julle wat hou van metal. Dit is soos die Roadrunner United album. Ek het ook veral gehou van “Ice Cold Man“.

Dankie aan @diemelkman  wat my gister getweet het oor Probot.

Bury Tomorrow – An Honourable Reign

Ek weet niks van die band nie. Ek sit op die draat met die een. Dit laat my bietjie dink aan Killswitch Engage (en ek like hulle) maar tog is daar iets waarvan ek nie hou nie, ek kan net nie my vinger daarop plaas nie. Tog moet ek erken dat ek al ‘n hele paar keer na die song gelusiter het.

Dankie aan Anthony Kaplan al die pad uit Australia wat die een vir my getuur het.

Northlane – Exposure

Northlane is ‘n band uit Australia. Hulle is deel van die nuwe metal wat nou veral in die UK en die US baie gewild is. Ander bands soos hulle is Bring me the Horizon Wat oppad RAMfest toe is) en Bullet for my Valentine. Al is ek nie ‘n aanhanger van die nuwe metal musiek nie (daar is hier en daar ‘n song wat my vang) het ek nie ‘n probleem met die musiek nie. Ek van dit enige dag oor baie van die ander kak wat ek al gehoor het.

Dankie aan @5krApn3l wat die een vir my gestuur het.

CeeLo Green – Fuck You

Die was ‘n awesome song. Dit is een van die eerste goed wat hier op gevaaalik.com verskyn het. Toe fok censorship die song op en verander dit van “Fuck You” na “Forget You” sodat dit op die radio gespeel kan word. Hulle het ‘n video gemaak van die uncensored weergawe, maar ek verkies nogsteeds die een wat net die woorde wys.

Niemand het die aan my gestuur nie, ek het sommer net daaraan gedink.

As jy vir my iets gestuur het en jy sien dit nie hier nie, moet nie huil nie jou groot baba. Ek haat jou nie. Ek hou miskien dit wat jy vir my gestuur het vir ‘n ander dag. Of wat jy vir my gestuur het suck. Either way, daar is niks fout daarmee as jy daarvan hou nie.

You may also like...

2 Responses

  1. Skrapnel says:

    Shot guy!

  2. wind_kind says:

    Bury Tomorrow – An Honourable Reign klink baie soos ‘n mix tussen Alexisonfire (met Dallas Green se vocals) en Killswitch engage (soos jy gese het). Dis dalk wat nie so lekker werk nie. Cool song though.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *