Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Coldplay, wat ‘n show!

Môre, gevaaalike mense.

Ek hoop dat julle so ‘n befokte naweek soos ek agter die blad het. Dié van julle wat ook by Coldplay was, sal stem dat dit ‘n mal goeie show was. Vir dié wat nie daar was nie, wel, dis hoekom gevaaalik.com bestaan: om julle brasse te vertel en op datum te bring van sulke events.

Kom ons begin eers op ‘n negatiewe noot. Parlotones het die show ge-open. Ja ek weet, jy dink ook seker nou “Wat die fok?” Ek het nog nooit van hulle gehou nie, maar nou haat ek hulle. Soos een van  my pelle gesê het: “’n Perd wat geboorte gee aan lemmetjiesdraad klink beter as hulle”. Boring is nie die regte woord nie, dalk beskryf POES BORING dit beter! Hoe die hel hulle SA se grootste band is weet ek nie, nie een van hulle songs het ‘n solo in nie, alles is 4 chord platoniese gemors. Kahn is ‘n doos en die res van die band lyk asof hul sopas beroof is deur energiediewe. For fucksakes , anyway….

Kom ons praat liewers oor die positiewe, COLDPLAY! What a show, hulle het aan die hele SA bewys hoekom hulle een van die wêreld  se grootste bands is, Chris Martin weet hoe om ‘n crowd aan die gang te kry en goeie hel, kan die mannetjie nou vir jou sing!

Hulle set list het meerendeels bestaan uit ou singles uit maar so hier en daar het hulle dit opgemix met iestie van die nuwe album af. Die meesterstuk word einde van die maand release so spaar solank jou geldtjies. Die klomp engelse het sommer ook besluit om ‘n deel van hulle nuwe single se music video daar te skiet, ek kan nie wag vir die song om die draadloos te slaan nie, Paradise, dit gaan een van hul grootste treffers nog wees. Dis min dat ‘n mens ‘n drummer notice by so groot show, maar die bras het seker gemaak almal weet hy’s daar, een van die beter drummers wat ek al live gesien het.

Die event was goed georganize, geen lang queues en kak nie, die kos en bier was effens fokken duur maar dit kan mens verwag. All en all was dit moerse goed gereël, so ek en niemand anders kan moan in daai aspek nie. FNB stadium is befok en baie mooi, perfect venue vir n rock show. Ek hoop van harte dat Coldplay weer hier in ons land kom kuier, nie net is hulle ‘n moerse goeie band nie maar nice ouens ook, Chris Martin het heeltyd sarkastiese jokes gemaak oor die feit dat die Fraanse hulle gewen het en het ook bevestig dat sy support nou 100% agter die bokke is (Nie dat dit ons enigsins gehelp het nie, maar dis ‘n storie vir n ander post)

Maak nou seker jy spaar jou geld en koop die nuwe CD, P.S gevaaalik.com vat geen verantwoordelikheid as jy jou kniee afdans nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *