Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Judge Dredd is terug in Dredd 3D

As jy in die 80’s gebore is onthou jy seker vir Sylvester Stalone se Judge Dredd. Nie die beste comic book fliek ooit gewees nie, maar was tog entertaining. Aangesien ‘n oorspronklike idee in Hollywood so skaars is soos ‘n virgin hoer is Judge Dredd terug en die keer in 3D.

Dredd 3D is die fliek se naam. Al klaar kan jy sien dat die kreatiwiteit skaars is as jy net kyk na die naam van die nuwe Judge Dredd fliek. Tog gaan ek dit wil gaan kyk want Judge Dredd is een van die coolste comic book hero’s ooit. Hy vat nie kak nie. Hy is judge, jury en executioner. Ek het al baie gewens dat ek ‘n Judge Dredd posisie kan kry in die regte lewe, maar as jy my volg op Twitter sal jy (soos ek) weet dat dit nie ‘n goeie idee is nie.

Hier is die trailer vir Dredd 3D. Die trailer gee nie veel om oor opgewonde te raak nie, maar dalk is dit ‘n goeie ding. Eerder as wat jy al die beste dele van die fliek in die trailer sien. Gaan jy Dredd 3D wil kyk?

You may also like...

5 Responses

  1. BaasDeBeer says:

    Ek sal hom gaan loer ja, al klink dit so ietwat of Batman sy voice-over gedoen het.

  2. Joe says:

    Hahaha! Ek het ook so gedink, maar toe hoor ek hy is eintlik Éomer, son of Eomund. Of dalk die Kiwi-akteur Karl Urban. Of ons comic/fantasy/schi-fi wêrelde begin bietjie deurmekaar raak…

  3. Joe says:

    Wel ek is bly om te sien (0:44) hulle het nog taxis in Dredd se futuristiese wêreld.

  4. AL says:

    die eerste Judge Dredd het in 1995 uitgkom, nie in die 80’s nie 😛

  5. Stix says:

    Ek weet AL, maar as jy in 1994 gebore is dan was jy heel waarskynlik te klein gewees om die Judge Dredd fliek te onthou. As jy soos ek in die 80’s gebore is dan is jy waarskynlik al oud genoeg gewees om die Judge Dredd fliek te kyk toe hy op M-Net gewys het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *