Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

American Reunion – American Pie vir jou vroeg 30s

Toe American Pie in 1999 die flieks tref was elke hoërskool ou bly. Dit was nie net ‘n fliek waarin ons lekker tiete kon sien nie maar, dit was die eerste fliek wat ek kan onthou wat so seks behep was soos wat net tieners kan wees.

American Reunion is die nuutste fliek in die American Pie reeks. Dit is ook die eerste fliek sedert die eerste American Pie wat al die oorspronklike akteurs weer bymekaar kon bring. Jim, Stifler, Michelle, Oz, Finch, Kevin, Vicky en Heather is terug saam met Jim se pa, Stifler se ma en so paar ander bekende karakters.

In die fliek kom die ouens weer bymekaar vir ‘n naweek voor hulle skool reunie om weer te kuier soos in die ou dae. Hulle kom vinnig agter dat dinge heelwat verander het.

Die een wat die fliek aan die gang hou is weereens Stifler. Stifler se vuil bek en vreemde manier van praat is fokken snaaks en het elke keer wat hy op die skerm was hardop gelag. Die res van die karakter het ook hulle oomblikke maar Stifler het die skerm show gesteel.

Die soundtrack van die fliek het perfek gepas by die atmosfeer wat die fliek probeer skep. Die fliek probeer jou terug vat na die dae toe jy die eerste fliek gekyk het. Die musiek van die fliek is propvol laat 90s hits wat jy sal onthou van daardie dae. Die acting is nie briljant nie maar hierdie is nie ‘n fliek wat wil Oscars wen nie, dit is daar om jou te laat lag. Al moet ek sê Eugene Levy (Jim se pa) se acting is glad nie sleg nie en mens voel vir sy karakter.

All in all is American Reunion ‘n great fliek. Of jy die eerste American Pie gekyk het of nie jy gaan American Reunion geniet. As jy die eerste een gekyk het en daarvan gehou het gaan jy versekr van die nuutste American Pie instalment hou. Die fliek is great want dit sluit klomp van die stories uit die vorige flieks mooi af.

As jy enigsins ‘n fan van enige van die American Pie flieks is moet jy American Reunion verseker gaan kyk. As jy boobs wil sien en lekker wil lag stel ek voor dat jy dit gaan kyk. Bery jouself maar voor om te wens dat jy weer in die hoërskool of ‘n eerste jaar student.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *