Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jason Silva – Find Your Creative Flow State

Dit is iets waarmee ek nogal baie fight die laaste paar jaar. Die creative flow. Alles wat ek hier op gevaaalik.com mag dalk vir julle voorkom as ‘n fokken mindless gebabbel, maar dit is tog iets wat geskryf en ultimately create moet word. Ja, sommige goed is maklik soos ‘n stukkie oor ‘n music video. Ander dele, soos die opinion pieces vat bietjie meer werk. Want jy moet actually ‘n konsep in meer as net 300 woorde uit druk.

Jason Silva

Dit is ‘n vreemde ding wat gebeur as ek besluit om iets te “create” vir gevaaalik.com. My foon is ‘n konstante nota boek vir my en ek maak elke dag notas as ek ‘n idees kry. Soms is dit ‘n foto, soms is dit net een sin, soms is dit ‘n paar sinne en soms is dit net ‘n song. Dit is die maklike deel, die moeilike deel kom wanneer jy daardie nota in ‘n stuk in moet verander.

Van daar af is dit altyd so snaakse ding wat gebeur. Met die kleiner stukkies is dit maklik, ek like die video en hier is hoekom. Met die opinion pieces is dit aansienlik moeiliker. Vat byvoorbeeld my Dirk van der Westhuizen stukkie of die Oscar Pistorius stukkie; Toe ek daardie twee stukke lees die dag na ek dit geskryf het was dit asof ek iets lees wat iemand anders geskryf het. Soos ek dit gelees het was dit nuut vir my, maar ook bekend. Om die muse te vind is moeilike, maar ek vind dat dit die maklikste gebeur vir my as ek myself buite my comfort zone sit.

Ek verstaan nie heeltemal wat daardie “force” is wat mens by inplug as jy iets create nie, maar wat ek wel weet is dat dit daar is. Jason Silva is ‘n modernday philosopher en ek like sy Youtube channel “Shots of Awe”. In die video hier onder praat hy oor die “Creative Flow State” en hy verduidelik dit baie beter as wat ek doen.

You may also like...

2 Responses

  1. Andre says:

    Is jy seker hy is nie net hoog op cocaine nie?

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Andre: Ek is seker hy is nie op coke nie. Miskien zol, maar nie coke nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *