[Luister] Jack White – Over and Over and Over
Jack White is een van daardie interesante cats. Ek is seker iemand het hom al beskryf as mal, en al die coolste mense is gewoonlik so bietjie mal op een of ander manier. Jack White se sukses het begin met “Seven Nation Army“, ‘n pop song met dik distortion en ‘n regte drum beat. Simple, maar die laaste song wat so catchy was met ‘n rock edge was seker “Smells like teen spirit“. In die solo volg White ook Cobain se resep van net die melody te gebruik vir die solo.
Jack White het verseker geleer by al die verskillende musikante wie se musiek hy geluister het. Die invloede van blues, rock, grunge, country en selfs hip-hop is verseker ooral in White se katalogus. Soms, soos met Cobain se melody solo idee, werk dit beter uit as ander. Ek weet nie wat Jack White se influences is vir sy current album nie, maar dit sal verseker ‘n interesante gesprek wees as jy die influences probeer ontleed. “Over and Over and Over” is net so catchy soos enige ander Jack White song, maar ek sou kon doen sonder die vrouens/kore/mense wat elke nou en dan sing.
Tog, wanneer jy die luister kan jy hoor dit is Jack White wat doen wat hy die beste doen: net wat hy wil.
Die song sit reeds in my kop vas al het ek dit nog net drie keer geluister. Die is die vierde song wat ons hoor van White se komende album Boarding House Breach. Die een is vir my baie over produced, maar dit is steeds vir my cool vir een of ander rede. Wat dink jy?