Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

“It’s Thanksgiving” – batshit crazy

Ek weet nie eintlik meer of ek mense moet bedank wat hierdie soort van goed onder ons aandag bring nie. Dit begin vir my voel asof daar nie meer ‘n week verbygaan sonder dat die mensdom nie nog laer daal nie.

YouTube gee vir baie talentlose mense ‘n platform om hulle afgryslike musikale skepsels met die wêreld te deel. Verlede week was ‘n besonderse laagtepunt met Dirk van der Westhuizen se tosfees van ‘n liedjie genaamd “Supercool”. Natuurlik was daar al hordes ander voor Dirk, insluitend Jenna Rose. Ons moet egter nie vergeet van die superstar van YouTube shitfests nie: Rebecca Black.

Patrice Wilson

Black se naam het al ‘n sinoniem geword vir kak musiek. Agter elke suksesvolle wannabe tiener-popsanger is daar egter ‘n ouerpaar met ‘n shitload vol pitte en ‘n komblerts van ‘n musiekvervaardiger. In die geval van “Friday” was dit die creepy Patrice Wilson (foto regs), wat ook ‘n verskyning maak in die oorspronklike musiekvideo van “Friday” om ‘n impromptu rap te doen.

Van die musiekvervaardiger van die beroemde “Friday” bring gevaaalik.com vir julle die nuutste produk van sy musikale cholera-magie: “It’s Thanksgiving” met Nicole Westbrook. In hierdie single sing jong Nicole oor die wonders van Thanksgiving, daardie weird pre-Kersfees-vakansiedag wat in die VSA en Kanada gevier word. Maar kom ons bekyk hierdie fees eers bietjie van nader.

Blykbaar is Thanksgiving ‘n fees om dankie te sê (aan wie jy nou ook al aanbid) vir ‘n goeie oestyd. Die fees is vir die ‘Mericans so belangrik dat een van hulle president se pligte die amptelike (and I kid you fucking not) “Annual Presidential Turkey Pardon” is. Barack Obama het dit selfs al beskryf as een van sy belangrikste verantwoordelikhede as president van die VSA. En as julle my nie wil glo nie, hier is ‘n video waar einste Obama met ‘n kalkoen praat asof hy ‘n moordenaar (wagtend op die doodstraf) vryspreek van sy straf en misdade:

Maar o liewe land, I fucking digress. Terug na die depressingly slegte musiek van Nicole Westbrook. In hierdie video sing Nicole oor hoe wonderlik Thanksgiving is terwyl sy dans, kook, ‘n kalkoenboudjie vir ‘n mikrofoon gebruik en woorde herhaal en omruil met polsende agtergrondmusiek. Dit is soms indrukwekkend: Met tye lyk dit asof sy hoogs hardlywig is en terselfdertyd ook ‘n mond vol kos het terwyl sy sing. Om dinge bietjie meer opwindend te maak, maak producer Patrice ook sy verskyning om eers ‘n lysie van belangrike feeste te sing en dan om soos ‘n fokken creep ‘n kalkoenuitrusting aan te trek en Thanksgiving te vier as enigste volwassene tussen ‘n tafel vol twaalf- en dertienjariges.

“It’s Thanksgiving” is batshit crazy. En kak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *