Iron Maiden – Book of Souls World Tour

Fokkit…

Toe ek vroër die jaar by Foo Fighters staan en Dave Grohl kom op gehardloop tussen die general standing om my in die oë te kom kyk (ja dit was spesefiek vir my bedoel shatap) het ek gedink: “What could be better than this”. Well lyk my daardie vraag is beantwoord toe Iron Maiden gou gou vir hulle n Boeing 747 gelease het as die Ed Force One vir hulle nuwe Book of Souls World Tour. Hulle gaan 35 lande besoek op die toer, n paar vir die eerste keer en onder andere Suid Afrika.

Iron Maiden South Africa Ed Force One

Terwyl hy nie besig is om jou gesig te laat smelt nie gan frontman Bruce Dickenson sommer self die 747 pilot op die hele toer, ja hy is ‘n pilot ook. Alhoewel hy dit op die laaste Iron Maiden world tour ook gedoen het was daardie ‘n Boeing 757, wat heelwat kleiner is as die 747 wat hulle die keer gan gebruik. “I still have to learn to fly it! I’m currently doing my training at Cardiff Aviation, my aircraft maintenance facility in Wales, where we recently took possession of a 747 simulator which I can’t wait to get practicing on.” sê Dickens, maar lyk my hy het dit sorted.

Iron Maidan Plane Ed Force One Boeing

 

Soos meeste groot acts wat deesdae Suid Afrika toe kom het Big Concerts ‘n vinger in die pie, hulle het op 20 Augustus ‘n status gemaak oor die band se nuwe single “Speed of Light” so dit lyk of hulle die promoters gaan wees vir die Suid-Afrikaanse deel van die toer.

Check out Iron Maiden’s new single/video ‘Speed of Light’ off their up and coming 16th studio album ‘The Book of Souls’https://www.youtube.com/watch?v=-F7A24f6gNcLike if you want them to tour SA in 2016!!

Posted by Big Concerts on Thursday, August 20, 2015

Al die details moet nog confirmed word maar dit lyk asof die toer gan afskop in die VS van A laat Februarie 2016.

Check die nuwe single op hulle 16de album “Book of Souls” Speed of Light:

AC/DC ook oppad: Legit of ‘n troll?

Om aan te sluit by die excitement is daar ook rumours van AC/DC wat volgende jaar hier na sunny South Africa toe kom. Maar moet nog nie jou geld begin spaar en 2 minute noodles te eet vir die res van 2015 terwyl jy vir al jou vriende vertel hoe excited jy is oor social media nie. Dit lyk nog baie sketchy en kan dalk net ‘n kak storie wees.

Check die link. Ek twyvel sterk dat AC/DC se budget so sleg lyk dat hulle ‘n WordPress site sal gebruik. Wat dink jy? Is dit legit? Laat weet ons in die comments.

You may also like...

2 Responses

  1. Makro Mark says:

    ek hoop ac/cd kom syd afrika toe want hule is vir my die beste este hevvy medal band in die helle werelt maar ek dink jy is reg oor die word pres side wat hule nie sal doen nie dankie vir jo side gevaarlik.com is baja cool vir al di stout boukies

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Marko Mark: Bly jy smaak die site bra! Dankie dat jy die tyd gevat het om ‘n comment te los.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *