Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Interview met Rufio Vegas van Die Vegas Show

‘n Rukkie terug het ek die kans gehad om bietjie met Rufio Vegas van Die Vegas Show te chat. Die Vegas Show is waar Rufio musicians en sy vriende interview in ‘n styl wat jy nog nooit gesien het nie. Ek het vir Rufio so paar vragies gevra. As jy nog nie Die Vegas Show ken nie is daar aan die einde van die interview ‘n video waar jy jouself kan voorstel aan Die Vegas Show. Dankie aan Rufio Vegas en Ice Carstens wat die een vir ons opgehook het.

gevaaalik.com: Wat is Die Vegas Show?

Rufio: Die Vegas Show is die begin van ‘n nuwe era in televisie waar mense nie meer hoef bang te wees om te sê wat de fok hulle wil nie. As jy wil soos ‘n weirdo te kere gaan, doen dit, almal doen dit in elkgeval tussen hulle vriende, op hulle eie en as hulle dronk is.  Die Vegas Show is ‘n grensverskuiwende televisie program met Rufio Vegas. Die Vegas Show is wat jy wil het dit moet wees.

gevaaalik.com: Hoe het jy met die idee voorendag gekom om die interview in ‘n documentary style te doen?

Rufio: Ek het nie geweet hoe om dit anders te doen nie, om die waarheid te sê, jy het dit nou eers vir my vasgestel. Ek dog nog die heeltyd dis amper soos reality TV, soos daai Kardashians twak. Ek wou gehad het die kykers moet my en my vriende in ‘n gemaklike omgewing sien waar ons onself kan wees, drink, dans en lag.

gevaaalik.com: Soos ons is jy ook nie skaam om ‘n vloek woord hier en daar te drop nie, hoe voel jy oor vloek?

Rufio: Almal vloek, of ten minste al die lekker mense. HULLE (wie ook al jy in jou persoonlike hoedanigheid mag dink die hulle is) sê dis agv. ‘n gebrek aan woordeskat, maar dis omdat sekere woorde net lekkerder van die tong af rol, as jy afrikaans is. Daar is niks so useless soos ‘n soutie wat iemand se puss vloek nie.

gevaaalik.com: As jy enige persoon kan vat vir ‘n Vegas style dag lank interview wie sal dit wees?

Rufio: Bouwer Bosch en vriende

gevaaalik.com: Wanner gaan ons meer van Die Vegas Show kry?

Rufio: ‘n Voëltjie het gefluit dat dit die somervakansie op een of ander kanaal gaan draai. Hou die spasie dop…

gevaaalik.com: Wat is die snaakse ding wat al gebeur het tydens een van jou interviews?

Rufio: www.dievegasshow.com  Al die nuwe episodes gooi ons eers daar op

gevaaalik.com: Jy interview style is baie “Gonzo”, het jy besluit om dit so te doen of is jy maar net so?

Rufio: Dis ek hoe ek rol, en as jy daarvan hou nie, moet jy saam met my rol nie…

gevaaalik.com:  Enige kans dat jy ons dalk nog kan join op ‘n “gevaaalike podcast soos die http://x5s.c11.mytemp.website/gevaaalike-podcast-3 ?

Rufio: Yes, ek sal hom vir jou gooi!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *