Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Inspirasie vir die gevaaalike nasie

Jis Jis

Dit is nou bevestig dat Hunter aking gelos het maar daar is hope lig aan die einde van die tonnel vir hierdie manne van die Kaap. Ek het sopas hulle stunt gesien saam met Taxijam, al hoe ek dit kan beskryf is BEFOK.

Die ouens het weer bewys dat hul eg Suid Afrikaanse bloed in hulle are het.  Die song genaamd “Breath in mid air” is n nuwe snit wat sekerlik behoort te verskyn op die nuwe up and coming album. Mens kan net nie help om hoendervleis te kry terwyl jy die acoustic riffs saam die front man Laudo se stem hoor nie. Wie ookal gedink het Hunter was die “Brein” agter aKing was definitief verkeerd.

Fokkit eks nou sommer lus om in my kar te klim, op n road trip te gaan en nostalgies te word terwyl die son rustig oor die Afrika landskap sak. Ek moes myself elke nou en dan herinner dat hulle n local band is.

Ek sweer die manne van Taxijam moes hoogs gerook gewees het toe hulle op die konsep afgekom het. Dis brilliant, vars en uniek. Volg die link om meer van hulle videos en gasgunstenaars te sien www.taxijam.co.za

Doen jouself n guns, gaan koop n landsvlag,draai hom om jou lyf sodat net jou gesig uitsteek  en druk play. Jy sal so gelukkig wees soos n smous by n nuwe vlooimark.

AKING HITS TAXIJAM!! from taxijam on Vimeo.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *