Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hoe om te score met Facebook

Aangesien amper elke mens wat jy ken deesdae op Facebook is en meeste wil so graag hê jy moet in hul sake krap dat jy elke foto wat nog van hulle op Facebook gesit het kan sien, het ons gedink dit sal goed wees om julle te vertel hoe jy vir jou ‘n cherry of ‘n knaap op Facebook kan los slaan. Eintlik sê ons meer vir julle wat om nie te doen om soos ‘n doos voor te kom op Facebook nie.

1. Die is die belangrikste reël en moet gevolg word vir enige van die goed om te werk. Eintlik praat ons poes en try net gevaaalik.com bietjie bemark. Jy moet die gevaaalik.com Facebook Fan page join en aan al jou vriende suggest.

2. Moenie moan op jou status nie. Niemand like ‘n moangat nie. Almal wat met jou simpatiseer, doen dit net oor hulle self hou van moan op hul Facebook status. “Ek mis my bokkie so baie” is nie ‘n oulike status nie, dit is fokken gay.

3. Moet onder geen omstandighede dink dat net oor ‘n foto van jou in wit en swart is en jy staar in die verte in, is dit ‘n befokte cool foto nie. Kanse is, dit is nie ‘n cool foto nie en jy lyk net soos ‘n doos wat dink hy/sy is ‘n model maar duidelik ‘n gesig het vir radio.

4. Moenie sê hoe “awesome” jou sessie in die gym nou net was nie. Almal wat dit lees in jou status dink een ding: Jissis die ou/vrou is seker baie vetter as wat hy/sy in sy/haar foto’s lyk. Dit is hoekom hy/sy heeltyd gym. Dis dit of hulle dink net jy soek aandag vir iets wat baie meer mense doen sonder om oor dit te probeer brag.

5. Mention dat jy lekker gekuier het saam met vriende die naweek. Maar moet nie vertel hoe kotsdronk jy was nie. Almal like om te hoor jy het vriende saam wie jy kuier. Niemand dink dit is befok dat jy so dronk geraak het jy moes by jou pêl se kar venster uit kots nie. Hou daardie storie vir die aand as almal begin vertel “hoe dronk ek daai aand was” en jy nie soos die enigste gemors gaan lyk nie.

6. Moet onder geen omstandighede ooit pout op ‘n foto nie. Nooit fokken ooit nie. Het jy dit? Maak nie saak of jy ‘n ou of ‘n meisie is nie, jy lyk kak en niemand gaan jou wil nai oor daardie foto nie.

Die girl sou baie beter gelyk het as sy nie haar gevreet so getrek het nie.

7. Net oor jy 1000 foto’s geneem het by die naweek se kuier, beteken nie elke liewe fokken een moet op Facebook kom en jy moet almal tag wie jy ken nie. Veral nie as die ou/meisie wat jy try pomp op die foto sleg of gesuip lyk nie. Jy score nie browny points nie, jy gaan net fokol score. Plus, die res van ons is gebore met ‘n geheue en kan die party heeltemal goed onthou sonder jou 1000de foto’s

8. Almal wat twee breinselle het weet dit is Maandag of dit is Vrydag. Jy hoef dit nooit te sê in jou status nie.

9. As jy gewoonlik nie die snaakste ou is nie, gaan Facebook dit nie verander nie. Jou status is nie jou stage in die Facebook stand-up comedy wêreld nie. Hou eerder jou smoel.

10. Dit is nie nodig om almal te vertel wat jy heeltyd doen nie. As jy elke vyf minute ‘n status update maak, lyk jy nie intresant nie. Jy lyk soos ‘n doos wat niks beter het om te doen as tyd mors op Facebook nie.

You may also like...

4 Responses

  1. Trashy says:

    hierdie sou ‘n baie beter en snaakser inskrywing gewees het sonder al die walglike woorde. Is julle woordeskat so nou dat julle konstant so moet vloek? Ek geniet julle website, behalwe vir die vulgare woorde.

  2. Kobus says:

    Ja nee, die mense wat die artikel geskryf het is seker nogal “Trashy” ; )

  3. Stix says:

    Zef, Kommin, Snaaks, Poescool, Befok, Gevaaalik, Insane, Walglik, Skreeusnaaks, Lasterend, Gemors, Awesome, Mooi, Great ens. alles woorde wat al gebruik is om gevaaalik.com te beskryf. Trashy word nou ook op daardie lysie gegooi, met trots!

    @Trashy bly jy geniet die site.

  4. Jarra says:

    Fok dit irriteer die kak uit my uit as mense pose vir n foto en hul lippe laat lyk soos n donkie se hol.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *