Groot gees by Innibos fees!
“Laat die poppe dans is Afrikaans” so verskyn die leese van Innibos 2011. Nou kyk, ek gaan verseker nie op my laat wag as dit by teels smelt kom nie. Innibos is reeds bekend as die land se grootste en mees gewildste fees wat ‘n kaleodoscope spekrum van smaak gelukkig hou. Van KD (Kurt Darren se nuwe stage naam) tot FOKKOFPOLISIEKAR en dan praat ek nie eers van al die toneel en ander kunste nie. Hierdie is werklik iets waarop die Afrikaaner kan trots wees (Dis nou almal wat nie voor KD se verhoog van ritme af dans nie).
Kom ons hoop die fees behou sy aanfanklike waardes en verander nie in ‘n uitbuiting van die kuns-honger man op straat nie. Die gevaaalike crew is reeds hier in die gevaaalike dorp van Nellies en mens sien elke kort-kort ‘n kar/karavaan van ver af, die fees begin vandag en die gees pomp al heel week. Mens kan nie help om te voel dat hierdie ‘n grootte gaan wees nie (ek dans alweer op my eie).
Die fees spog met verskeie verhoe op die feesterrein en die drank is lekker goedkoop, wel so hoor ons aangesien dit ons eerste Innibos is. Kom ek lys vir julle ‘n paar name van die bands wat op die MK-verhoog gaan jam:
Fokofpolisiekar
Van Coke Kartel
Die Heuwels Fantasties
Boo!
Isochronous
Koos Kombuis
Wrestlerish
Dan kan jy natuurlik ook bands soos aKing, Jack Parow en The Black Cat Bones by venues in en rondom die dorp sien. Hoopelik kan ons terug kom met befokte videos en interviews van hierdie manne! Ons hou julle op hoogte.
Aan almal wat reeds hier is en die ander wat oppad is…Wees veilig en dans jou piel af!!
1 Response
[…] onsWil jy ryk word? « Justin Bieber kom nog so ‘n stukkie uit die kas Groot gees by Innibos fees! » Stoute Boudjies By Stix | Published: June 29, […]