Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gnesa laat jou ore bloei

Hier by gevaaalik.com skroom ons nie om vir jou van die walglikste musiek op die interwebs te bring nie. Nie omdat ons daarvan hou of experts daarin is nie, maar bloot omdat dit beide fokken snaaks en skokkend is.

Onthou julle nog vir Clarise, Suid-Afrika se eie Rebecca Black? Of miskien Jenna Rose, die popster in die skadu van Rebecca Black se kakheid? Rinus, sangkoning van Nederland? Wat van Karlien van Jaarsveld? Okay, om eerlik te wees, ons het nog nie veel geskryf oor die kak kwaliteit van Karlien se musiek nie, maar wees verseker, dit is kak.

En nou, liewe gevaaalik.com-lesers, bring ons vir jou (nie met trots nie, maar met ‘n ongemaklike gevoel van “Kan dit enigsins real wees?”) die asemrowende swak “Wilder”, ‘n single deur Gnesa. Ons kan net hoop dat sy by die volgende Afrikaans is Groot-konsert sal wees!

You may also like...

5 Responses

  1. pisgesig says:

    Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar vir my is feitlik alle Afrikaanse musiek deesdae net plain TOS. Lyk my enige etter kan ‘n CD maak, en daar’s genoeg venues wat etters laat optree. Dis in die mode(net soos facepoep en twatter) om van Afrikaanse musiek te hou – pla my vreeslik as mense soos skape die afgrond in voeter.

    Waar’s die dae van kunstenaars soos Koos du Plessis, Anton Goosen, Laurika ens? Of is ek weer besig om pisserig te wees?

  2. Joe says:

    Amen! Ek stem heeltemal met jou saam. Ek dink jy slaan die spyker op die kop wanneer jy vra “Waar’s die dae van kunstenaars soos Koos du Plessis, Anton Goosen, Laurika ens?”

    Meeste Afrikaanse musiek word nie meer deur enige vorm van “kunstenaars” geproduseer nie. Hulle is plain en kommin vermaaklikheidsterre. En ja, Afrikaanse popmusiek (onder andere Bobby en Karlien van Jaarsveld, Eden, Kurt Darren, Dewald Louw en al die ander soortgelyke tossers) is kak, want mens kan polish soos mens wil, maar ‘n drol bly ‘n fokken drol.

  3. Stix says:

    Laurika Rauch? Is sy ‘n kunstenaar? Dan is Kurt Darren seker oor ‘n “kunsternaar” Hahahahaha

  4. pisgesig says:

    Ek wonder hoeveel van Kurt se “nommertjies” is original? Kan jou belowe Laurika skryf haar eie materiaal, en waar sy iemand anders se werk optree, weet mens daarvan

  5. Die M-Been says:

    Ek het eergister geval oor my baba boetie se speelgoed trokkie. Die geluid wat ek gemaak het toe ek my bewusteloos geval het was ‘n mooier liedjie as hierdie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *