Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #71- Cult

Gevaaalik Podcast #71 - Cult

Die week het ek en Sven die podcast record op 06/06/2016, Sven se verjaarsdag. Ons praat oor ‘n Afrikaanse bra van Pretoria wat ‘n cult begin het. Sy cult gaan so ver as om jou aan te raai om te skei van jou man of vrou as hulle nie die kerk se vibes like nie, en om eerder jou geld te gee vir die cult as spaar vir wanneer jy aftree. As jy self die artikel wil lees, kan jy dit hier lees.

Ons lag daaroor, maar cults is ‘n ernstige saak en ek voel jammer vir die mense wat betrokke is by die gemors. Dit is horrible as mense gebruik maak van ander se vrese om hulle te brainwash.

Die intro na die week se podcast is bietjie van ‘n fokop gewees, want die buddy wat my producer moes wees het nie lekker geweet wat hy doen nie. Die podcast is reeds laat, so toe run ons maar met dit.

Die intro song die week is Quees of the Stone Age – Go with the Flow en jy kan die hele song kry aan die einde van die post.

Onthou asseblief om te gaan subscribe aan ons podcast op iTunes en dan sal jy elke keer die nuutste episode automaties kry as jy in ‘n Wi-Fi area beland. Luuks. Jy kan ook op Android subscribe na ons podcast met ‘n app soos BeyondPod, deur net te gaan search vir “gevaaalik.com” na jy “+Add Feed” gedruk het. Dan is jy meer luuks as ‘n iPhone ou, want jou foon is cheaper en doen dieselfde kak. Of kry die Soundcloud app en luister die podcast daarmee.

Geniet die week se gevaaalik.comedy Podcast episode.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

2 Responses

  1. June 10, 2016

    […] die nuwe gevaaalik.comedy Podcast praat ons van die Afrikaans man wat ‘n cult in Pretoria begin het, volgens […]

  2. June 13, 2016

    […] In die nuutste gevaaalik.comedy Podcast praat ons oor die Afrikaner man wat ‘n cult begin het in Pretoria: #71 – Cult […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *