Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #69 – Die Hiking Episode

Die naam van die week se gevaaalik.comedy Afrikaans Podcast kon seker sexier gewees het aangesien dit episode 69 is, en die is die internet waar die 69 ding nog ‘n moerse grap is.

Gevaaalik.comedy Podcast #69 - Die Hiking Episode

In die week se podcast praat ons oor die beste Bavarian Platter (kos wat perfek gaan saam met bier) wat jy sal kan kry in Suid-Afrika. Ons gaan in die nabye toekoms weer soentoe en dan sal ons vir julle bietjie foto’s neem ens. As jy en ‘n paar vriende bietjie wil ‘n kort trip vang en lekker bier en kos gaan kry is die, die plek vir jou. Ons praat ook oor chillie poeier op toiletpapier as ‘n prank voordat ons oor slaan na die hike stories toe.

Ons like van hike. Om te stap in die natuur is een van die coolste dinge wat mense kan doen, en mense doen dit deesdae heeltemal te min. Ons praat oor van ons vorige hikes en dan ook van die hikes wat ons beplan vir die toekoms. Ons praat ook oor ons eerste hike Magoebaskloof toe, toe ons gedink het ons gaan dit nie maak nie.

Daar word ook gepraat oor Japanese Hornets, hierdie Amazon Veet review en die Filippyne se nuwe crazy President.

Die song aan die begin van die week se podcast sal baie bekend wees aan enige Afrikaanssprekende persoon wat in die 70s, 80s en selfs 90s gebore is nie. Dit is Dire Straits – Walk Of Life

 

Right, geniet die week se podcast. Lekker luister. Onthou jy kan subscribe op iTunes of eenvoudig subscribe met ‘n podcast app soos BeyondPod op jou Android device.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

2 Responses

  1. May 25, 2016

    […] Nuwe gevaaalik.comedy Podcast epsiode vir bietjie audio entertainment. Ons praat die week heelwat oor hike. Die foto hier bo is van Magoebaskloof se hiking trail. Jy kan nou na #69 – Die Hiking Episode luister. […]

  2. May 25, 2016

    […] Nuwe gevaaalik.comedy Podcast epsiode vir bietjie audio entertainment. Ons praat die week heelwat oor hike. Die foto hier bo is van Magoebaskloof se hiking trail. Jy kan nou na #69 – Die Hiking Episode luister. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *