Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gaming hack: Spaar R200 op Call of Duty WW2 pre-order

Call of Duty WW2 word 3 November 2017 wêreld vrygestel en soos elke Call of Duty voor die een gaan miljoene mense dit koop. Die nuwe Call of Duty gaan weer terug in tyd na die Tweede Wêreldoorlog en ek vermoed Battlefield 1 se moerse sukses het dalk iets daarmee uit te waai. Die trailer is laasweek Woensdag losgelaat en omtrent almal wat ek ken wat gamers is praat daaroor.

Call of Duty WW2 is reeds beskikbaar vir pre-order. Op PC en Xbox One gaan die nuutste game in die CoD reeks jou R999.00 kos vir die pre-order. Gelukkig vir jou het ek so klein hack ontdek wat jou sal help om R200 te spaar.

Hoe spaar ek R200 op my CoD WW2 pre-order?

As jy soos ek ‘n Xbox One het, dan kan jy jou games digitally purchase via die Xbox South Africa Store en daar is CoD WW2 se pre-order gelys met die R999.99 prys. In die US Xbox Store is dieselfde game se pre-order beskikbaar teen $59.99.*

Soos jy kan sien, kry die ‘Mericans die CoD WW2 pre-order teen so te sê R200 goedkoper as ons. Die goeie nuus is dat dit beteken ons kan ook die game dan teen daardie prys kry. Die volgende is ‘n hack wat werk op Xbox, so ek vermoed dat PC ouens dieselfde move sal kan trek.

Stap 1: Verander jou Xbox se location

Ja, jy kan eenvoudig jou Xbox se location verander sodat jou Xbox kan dink hy is in die USA. Hulle wys jou selfs hoe om die location te verander op Microsoft se support site. Hier is hoe om dit te doen:

  1. Sign in to your Xbox One console.
  2. Press the Xbox button to open the guide.
  3. Select Settings.
  4. Select All Settings.
  5. Select System.
  6. Select Language & location.
  7. Select your new location from the list, and then select Restart now.

Stap 2: Koop Call of Duty WW2 vir $59.99

Op jou Xbox gaan jy dan net na die Xbox Store toe en koop vir jou die Call of Duty WW2 pre-order vir die $59.99 prys wat jy nou sal sien omdat jy jou Xbox se location verander het. Jy sal sien dat al die games in die Xbox Store nou pryse in US Dollar het.

Stap 3: Verander jou Xbox location terug na Suid-Afrika

Sodra jy klaar die game gekoop het kan jy weer die stappe in Stap 1 volg en jou Xbox location terug verander na Suid-Afrika toe. Net so, spaar jy jouself in minder as 5 minute amper R200. Genoeg vir pizza en bier op die dag wanneer die game launch en jy siek inbel om heeldag voor die Xbox te sit.

 *Pryse en exchange rate is soos dit was tydens die skryf van hierdie artikel en dit kan enige tyd verander.

You may also like...

3 Responses

  1. May 1, 2017

    […] Ek het ‘n loophole ontdek sodat jy R200 kan spaar op Call of Duty WW2 se normale prys. Vind uit hoe deur hier te check. […]

  2. May 2, 2017

    […] Ek het ‘n manier gevind om R200 te spaar op die nuwe Call of Duty se prys. Ek het dit gedeel na die Xbox Players South Africa group op Facebook en hulle het die post remove. Miskien wil hulle nie hê ons moet weet dat ons so geld kan spaar nie. Voel vry om dit te deel op Facebook en help jouself en jou buddies om so paar Rand te spaar. […]

  3. May 31, 2017

    […] vir ‘n new release title. Ek frequent baie die bargin bins waar jy games kan optel vir R200. Ek is altyd opsoek na ‘n manier om geld te spaar as dit by gaming kom, want elke paar honderd Rand sit my nader aan miskien ‘n nuwe gaming […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *