Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Francois van Coke – Behoort aan Niemand nie

Staan terug vir niemand nie, behoort aan niemand nie.

Lirieke waarby jy kan hou vir jou verhoudings, jou loopbaan en jou lewe. Dit is ook die tema van Francois van Coke se nuutste video/song vanaf sy solo album. ‘n Hele paar maande terug het Francois via Twitter gevra vir watter song vanaf sy solo album hy volgende ‘n video moet maak. Ons het gevra vir iets harder, en Francois het geluister.

Behoort aan niemand nie - Francois van Coke

“Behoort aan Niemand nie” is die song wat die nuwe video gekry het en dit is duidelik ‘n baie introspective song vir Francois. Die video wys hom wat sy loopbaan uitpak asof dit die loopbaan van ‘n serial killer is. Dit is interesant om te sien hoe ver hy al in sy loopbaan gekom het, en ook duidelik dat Francois steeds aan niemand wil behoort nie.

Geld is nice, maar om te hou by wat jy in glo is baie meer wêrd. Hier is Francois van Coke se video vir “Behoort aan Niemand nie”. Gaan loer na sy website, Facebook, Twitter en Instagram en vang hom op toer wanneer hy weer deur jou dorp/stad trek. Kry sy solo album hier op iTunes.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *