Eminem – White America
Eminem, die rapper wat nie net Amerikaanse ouers gehaat het nie, maar ook my ma. Maar net soos meeste ander ouers het my ma nie Eminem gehaat oor hy wit is en rap nie. Nee, hulle het hom gehaat oor dit wat hy gerap het. Ek is nie groot op rap musiek nie, maar The Eminem Show is een van daardie albums wat ek nooit sal ophou luister nie.
“White America” is die eerste song vanaf die The Eminem Show album en fokket what a song. Die lirieke is vlymskerp en Eminem lewer nie net kommentaar oor die toestand van Amerika of hoe fucked hulle government is nie. Hy gee dit sommer ‘n personal angle ook.
I never would’ve dreamed in a million years I’d see, so many motherfuckin’ people who feel like me, who share the same views and the same exact beliefs
Vat so! Ek kan nie sê dat Eminem die beste rapper is nie, want ek luister nie naastenby genoeg rap nie. Wat ek wel kan sê is dat ek van alle rapper Eminem die meeste geniet. Ek hou van mense wat nie ‘n fok voel nie. Ek hou ook van sy lirieke. Hier is ‘n lyric video vir “White America”. Doen jouself ‘n guns en lees die lirieke terwyl jy die een luister.
Voor jy wil grens oor jy nie van rap musiek of Eminem hou nie, save dit. Ek verstaan dat almal nie van dieselfde musiek hou nie. Jy moet nou ook net daardie feit aanvaar.
Dit is ‘n cool song.