Final Space Season 2 begin 24 Junie
Ja, Suid-Afrika is in die middel van ons winter. Dit beteken dat baie van ons tonne tyd voor die kassie spandeer, onder kombersies. Die goeie nuus is dat Final Space season 2 op 24 Junie begin en dus sal jy een van die beste animated series ooit hê om jou geselskap te hou terwyl jy wegkruip vir die koue.
Ken jy nie Final Space nie?
Final Space is die skepping van Olan Rogers. Hy is a whacky creative wat eens op ‘n tyd groot was op die YouTube, en toe na jare van speel met die idee het Final Space uiteindelik die daglig gesien. Die eerste season was op TBS, voordat Netflix die regte daarvoor gekry het. Nou is Final Space se nuwe huis op AdultSwim, dieselfde Netwerk wat verantwoordelik is vir Rick and Morty en Robot Chicken.
Final Space is ‘n epic sci-fi adventure series, met ‘n harde dark comedy edge. Maak maar jouself reg vir ‘n rollercoaster ride van emosie soos jy deur season 1 kyk. As Season 1 enigsins ‘n indikasie is van wat om te verwag, dan gaan season 2 ook jou aan die lag en huil hê.
Ek verkies animated series meestal, en ek is baie bly oor Final Space. Nou hoop ek net dat ons Final Space se tweede season ook vanaf 24 Junie gaan sien op Netflix. Eerder elke week ‘n nuwe episode soos AdultSwin dit vrystel, as wat ons moet wag tot middel Oktober vir die hele season om te land op Netflix.
Hier onder is die trailer vir Final Space se tweede season. Is jy ‘n fan van die series? Laat weet my in die comments.