Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Fed Up – Die suiker documentary

As jy dit nog nie geweet het nie, dan sal ek dit nou maar hier vir jou sê: Suiker is ongelooflik sleg vir jou. Daardie blikkie coke wat in jou hand is, die een met 8.5 teelepes suiker in, kon net sowel ‘n sigaret gewees het.

Fed Up Documentary

Ek het al baie gesê dat meeste mense wat vet, vet is omdat hulle dood eenvoudig niks oefening kry nie en hulle eet te veel. Fed Up is die nuwe documentary oor die kos industrie wat uit is om te wys dat ek nie heeltemal reg is nie. Suiker is die probleem. Die is nie die eerste food documentary nie. Food Inc. het my vir ‘n hele rukkie afgesit van baie verskillende tipes kos. En as ek so kyk na Fed Up se trailer gaan ek nou maar die een suiker in my koffie ook uit sny.

Kyk die trailer, veral jy wat nou net ‘n Fizzer in jou kind wat nog net een jaar oud is se hand gedruk het sodat hy moet ophou skree. En nee, die Happy Meal is ook nie ‘n gesonde aandete vir ‘n kind nie, vettie.

You may also like...

1 Response

  1. Pisgesig says:

    Ek het ‘n paar jaar terug besef hoe soet coke eintlik is. Absurd. Nou drink ek tab. En wizaa.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *