Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dream Theater – As I Am

Sover dit progressive rock/metal aangaan is elke persoon se opinie anders. Ek moet erken dat ek ook vinnig my neus sal optrek as dit by progressive rock/metal kom. As a result kry ek nie baie blootstelling aan nuwe progressive rock/metal nie. Ek luister Tool, het vir ‘n hele ruk op ‘n Dream Theater binge gegaan en luister so nou en dan King Crimson.

Dit was in omtrent 2006 wat ‘n vriend vir my die eerste keer Dream Theater gespeel het. Ek het toe vir ‘n paar weke, indien nie maande lange Dream Theater trip gegaan waar ek alles van hulle geluister het, maar meestal Train of Thought met die song “As I Am”. Twee van die groot redes hoekom ek van Dream Theater hou is Mike Portnoy (drums) en John Petrucci (guitar). Hulle is twee van die beste musicians wat daar al op hierdie aardbol was. Kyk bietjie na Mike Portnoy se Wikipedia page. John Petrucci het saam met Steve Vai en Joe Satriani G3: Live in TokyoMike Portnoy het wel in 2010 besluit om nie meer deel van Dream Theater te wees nie. Sy besluit het gekom toe die res van die band nie ‘n breuk wou vat met hulle recording en touring skedule nie.

Dream Theater

Die sound quality op die live version van “As I Am” hier onder is nie te great nie.  Ek kon toe eers nie besluit of ek vir julle net die song van die album af hier moet sit nie en of miskien moet ek eerder die live version op sit sodat julle John Petrucci in aksie kan sien vir sy solo by 05:39, of julle kan Mike Portnoy se drumming sien. Toe besluit ek om altwee te post.

Ek besef dat progressive rock/metal nie vir almal is nie, maar goeie musicians wat masters van hulle craft is bly nogsteeds indrukwekkend. Kyk die live een eerste en dan luister jy na die great song soos dit op die album klink.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *