Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Inkleurboeke vir Volwassenes top Amazon Beste Verskoopers lys

Om terug te gaan na die dae wanneer binne die inkleuboek se lyne bly nog een van jou grootste bekommernisse is iets waaroor baie volwassenes dagdroom. Ek is een van daardie mense wat graag sal wil terug gaan na die dae van inkleukryte en wegrkuipertjie speel. Die fok alleen weet dinge was baie eenvoudiger in daardie dae. Tans is inkleurboeke hoog op die lys van dinge wat volwassenes koop op Amazon in Amerika en Britanje.

Tog is Johanna Basford se Secret Garden: An Inky Treasure Hunt and Coloring Book nie heeltemal wat jy sal verwag nie. Geen Micky Mouse of Duck Tales in hierdie inkleurboeke nie. Tog het sy al 1.4 miljoen van die boeke verkoop en dit wil voorkom of mense mal is oor inkleur.

Secret Garden Inkleurboek

Dit het natuurlik al gehelp dat Zooey Deschanel ‘n link na die boek met haar fans op Facebook gedeel het, maar ek vermoed dat groepsdruk nie al is wat gelei het tot die inkleurboek se sukses nie. Daar word gesê dat inkleur ‘n uitstekende manier is om van stress ontslae te raak en dat dit jou terug vat na dae toe die lewe baie meer eenvoudig was. Dit is hoekom inkleur so populêr is onder volvassenes.

Baie mense kleur ook in sodat hulle foto’s van hul pragstukkies kan deel met ander mense op Facebook, Twitter en Instagram. Die stress afbrekende eienskap van inkleur is deel van die rede hoekom ek dink ek mag dalk inkleur weer ‘n go gee asof ek nog kryte een soutklei eet. Miskien is dit net weer tyd vir ‘n doodle challenge? Dan release ons dalk binnekort ‘n gevaaalik.com inkleurboeke vir volwassenes.

Wat dink julle? Sal jy weer begin inkleur asof jy ‘n kleuter is?

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *