Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wen ‘n Monster Energy Hamper

Monster Energy was gaaf genoeg om vir ons ‘n hamper te gee om te help met die celebration van RAMfest. Toe besluit ons om dit eerder weg te gee in ‘n klein kompetisie hier op gevaaalik.com. Soos altyd gaan jy ongelukkig moet inskryf om die hamper te wen. Ja, soos met alles in die lewe kan jy nie net op jou bank lê en hoop dat goed in jou skoot gaan val nie.

MonsterEnery Wallpaper

Wat wen jy? Die hamper het ‘n kas Monster, ‘n Monster T-shirt, Monster pet, Monster lanyard, Monster sweatband en Monster stickers. Nie te bad vir ‘n dag se rondfok op die internet (terwyl jy eintlik moet werk) nie.

Hier is hoe jy jou gat van die bank af kry. Gaan RAMfest toe, of vra ‘n pel wat RAMfest toe gaan omvir jou baie foto’s te stuur. Foto’s moet van die stage wees, vanaf die crowd se perspektief geneem. Soos die foto hier onder. Dan tweet jy die foto en tag vir @MonsterEnergySA en@gevaaalikdotcom in die tweet. Dan sal ons en die ouens van Monster bymekaar kom en besluit wie se foto is die gevaaalikste.

Ons sluit die kompetisie Vrydag 22 Maart 2013. Maak seker jy hou jou Twitter account dop, want as jy wen sal ons jou kontak deur Twitter. Soos altyd is ons besluit finaal en geen gegrens sal eers ‘n reaksie kry nie. Jy kan inskryf soveel as wat jy wil. Lekker foto’s neem.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *