Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram – Julius Malema approved

Ons almal weet Julius Malema is nie een van die slimste mense in ons land nie. Quite the contrary. Sy graad flous niemand nie. Tog kan selfs Julius verstaan dat dit onnosel is om dagga onwettig te hou. Dus het ons besluit om die week se Dinsdagram “Julis Malema approved” te maak.

I have seen a lot of people smoke it, and read and not have any problems. But I have never seen people drink alcohol and read books afterwards.

Dinsdagram - Julius Malema approved

Ja, die week se Dinsdagram gaan alles oor weed, sticky-icky, dagga, zol, boom of Instagram accounts wat related is daaraan. Jy kan vir my volg op Instagram by @gevaaalikdotcom of vir ou Sven by @sventasties.

ValleyRecreational420 – @valleyrec420

ValleyRecreational420 Elephantblunt

ValleyRecreational420 het omtrent net foto’s van ongelooflike kreatiewe blunts en joints. ‘n Olifant-blunt, kaktus-blunt of miskien een van die karakters uit Futurama-blunt en vele meer goed wat jy nooit sal kan imagine as iets wat gerook word nie, maar daar is foto’s van die goed wat gerook word ook.

Jy kan ValleyRecreational420 volg by @valleyrec420.

 

Strain Hunters – @strainhunters

Strain Hunters

Strain Hunters is ‘n spul ouens wat reg oor die wêreld gaan soek vir strains dagga plante. Hulle het ‘n hele paar documentaries wat jy kan kyk en op hulle Instagram sal jy foto’s sien van hulle in plekke reg oor die wêreld saam met daggaplante, foto’s van sade, hash en buds.

Jy kan Strain Hunters volg by @strainhunters.

Die Dagga Couple – @daggacouple

The Dagga Couple

Op 31 Julie 2017 begin The Trial of the Plant in die Pretoria Hooggeregshof. Myrtle en Jules wat ook bekend is as Die Dagga Couple is die twee agter die saak in die hof. Oor die laaste paar jaar is Die Dagga Couple voor in die lyn as dit kom by dagga-aktivisme in Suid-Afrika. Hulle praat oor die dagga-situasie in Suid-Afrika die hele wêreld oor en hulle Ted Talk in die Kaap vertel hulle storie mooi. Hulle het selfs ‘n non-profit gestig om te help om dagga-wette in Suid-Afrika te verander, Fields of Green for All.

Die Dagga Couple se Instagram is vol foto’s van die Cou[le se doen en late. Trips na Spanje, Amsterdam en New York se foto’s is daar asoof foto’s van hulle werk in Suid-Afrika. Jy kan Die Dagga Couple volg op @daggacouple.

Weed Humor – @weedhumor

Weed Humor

Weed Humor is ‘n Instagram account gevul met presies dit wat die naam sê: Weed humor. Snaakse foto’s, videos en alles is dagga verwant. Dit is altyd goed om so paar stoner memes handig te hê vir jou kuiers saam met jou stoner vriende. Weed Humor het nou al meer as 1.5 miljoen followers op Instagram, so jy is glad nie alleen as jy dink weed jokes is snaaks nie.

Jy kan Weed Humor volg by @weedhumor.

You may also like...

3 Responses

  1. June 1, 2016

    […] jy nog nie gesien het nie, kom loer gerus na ons Dinsdagram van die week, dit is Julius Malema […]

  2. June 2, 2016

    […] week se Dinsdagram is Julius Malema approved, want dit sê jou watter 420 Instagrams jy moet […]

  3. June 8, 2016

    […] te kry om te volg. Ons het al na natuur Instagrams gekyk, gevaaalike dame Instagrams en selfs dagga Instagrams. Vandag gaan ons probeer om jou Instagram bietjie snaakser te maak, deur vir jou so paar comedian […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *