Dinsdagram – gevaaaliKruger fotograaf, sventasties
Dankie aan King Price wat hierdie trip vir ons moontlik gemaak het.
As jy my volg op Instagram (@gevaaalikdotcom) sal jy weet dat ek geen fotograaf is nie. Sven is ook nie ‘n fotograaf nie, maar hy is verseker so 1000 keer beter met die fotografie ding as wat ek is. Hy verstaan ISO en F-stop en ander kamera-woorde wat ek nou net begin hoor het. Hy het meeste van die foto’s geneem wat jy al gesien het van ons gevaaaliKruger trip. Jip, Sven is so te sê die official fotograaf gewees van ons trip. Hy is gevaaalik.com se fotograaf.
Ek het vir Sven gewys hoe hy maklik genoeg fotos wat hy met sy DSLR kamera geneem het kan deel met die wêreld op Instagram. Instagram is die enigste social network wat Sven gebruik. In die week se Dinsdagram het ek gedink ek wys julle van Sven se handywork, van sy Instagram account af. Jy kan vir Sven volg by @sventasties. Sy account is private, so jy moet hom volg om sy foto’s te kan check. Blameer dit maar op sy skaam kant.
As jy meer van Sven se foto’s wil sien, loer gerus na ons posts oor ons gevaaliKruger trip.
Sven neem sy foto’s met ‘n Canon DSLR kamera of sy iPhone 6. Altwee daardie is verseker want as hullev verdwyn (steel, as dit gesteel word) dan gaan jy ‘n redelike bedrag moet hoes om net daardie twee items te vervang. Ek het onlangs my kar versekering geskuif na King Price toe en nou betaal ek R500 ‘n maand minder vir my kar se versekering, plus vir net R1 ekstra is my kamera ook nou verseker. Gaan na ons King Price partner page en kry ‘n free quote en jy sal sien dat King Price jou ook geld kan spaar op jou versekering.